Media verklarings
Kontak besonderhede
Voorblad
|
GESKIEDENIS NEUTEDOP
- Die Pretoriase Akademie vir CVHO het op 11 Mei 2002 as 'n selfstandige instelling vir hoër onderwys tot stand gekom en op 16 Julie 2002 sy deure geopen.
- Op 26 Julie 2002 dien die Pretoriase Akademie vir CVHO sy aansoek om akkreditasie en registrasie as private instelling vir hoër onderwys by die Registrateur van Private Instellings vir Hoër Onderwys in.
- Na administratiewe rompslomp aan die owerheidskant is die aansoek nou by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Owerheid (SAKO/SAQA) op appèl.
- Daar word steeds in die geloof op terugvoering gewag.
- Intussen gaan die Pretoriase Akademie vir CVHO volstoom aan met navorsing en ontwikkeling van kursusse en voorbereiding vir aanbieding.
- Samesprekings met verskeie instellings is aan die gang met die oog op markerkenning van die PA vir CVHO se kursusse, met inbegrip van uitbreiding van die aanbiedinge.
- Kontak word gesoek met buitelandse instellings met die oog op erkenning van die PA vir CVHO se aanbiedings.
- Navrae oor 'n navorsingseenheid word reeds hanteer en die diens kan deur bekwame akademici gelewer word.
|