|
Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys Vereniging Ingelyf kragtens Artikel 21 van die Maatskappywet (Registrasienommer 2001/011539/08)
|

Afrikaansmediumonderrig op skool en van die menings van ouers in alle gemeenskappe oor die huidige stand van skoolonderwys - Deur Hermann Giliomee, Chris Heese en Lawrence Schlemmer (Finale Verslag)
Hierdie verslag berus op die volgende verslae wat aangeheg word:
| |
BEVINDINGS
| |
| AANBEVELINGS | |
Daar word aanbeveel dat:
| |
|
STRATEGIESE VOORSTELLE VIR LANGTERMYN OPLOSSINGS VIR DIE AFRIKAANSTALIGE ONDERWYS (Hermann Giliomee, Schlemmer en Chris Heese )
| |
| Die Staat teen die Ouers? Kernbevindinge van 'n Opname oor die Menings van Ouers oor Wendinge in die Onderwys Deur Lawrence Schlemmer en Hermann Giliomee November 2004 Laat ons begin met 'n kort uiteensetting van die kernbevindinge van die ondersoek. Inleiding Die openbare lewe in Suid Afrika is vol teenstrydighede rondom sleutelvraagstukke. Dit geld seker in enige komplekse samelewing, maar in Suid Afrika is dit dikwels die geval dat twee ewe verantwoordelike gevolgtrekkings oor die stand van nasionale sake kan klink asof twee verskillende lande ter sprake is. Die ekonomie toon 'n dramatiese oplewing maar die amptelike werkloosheidsyfer bly nog steeds onder die twee of drie hoogstes in die nywerheidslande van die wêreld. Die misdaadsyfer daal te midde van stygende diefstalle en vroue- en kindermishandeling. Suid Afrika is 'n internasionaal-aanvaarde toonbeeld van etniese en rasseversoening te midde van daaglikse klagtes van alle kante oor rassisme en diskriminasie. Die regering tref sy teikens in die voorsiening van behuising maar die aantalle in krotbehuising styg jaarliks. Hierdie is maar net 'n paar voorbeelde van die skisofreniese selfbeeld van die nuwe Suid Afrika. Die grootse verwarring bestaan op die gebied van die openbare onderwys. Onderwys word algemeen erken as die sleutel tot Suid-Afrika se toekomstige vooruitgang en welsyn. Die regering se ernstigste huidige probleem is die feit dat dit een van die hoogste gedokumenteerde koerse van werkloosheid in die wêreld het. Die hoogste pieke is onder die jeug en skoolverlaters. Die meeste mense, en dit sluit verskeie lede van die kabinet in, stem saam dat hierdie voortwoekerende werkloosheid 'n weerspieëling is van die klein getalle van skoolverlaters wat werklik geskik is vir die werksgeleenthede wat bestaan. In 'n ekonomie waar daar, soos elders in die wêreld, 'n vraag na bepaalde vaardighede bestaan, is die enigste langtermyn oplossing die verhoging van die kwaliteit van onderwys. In bepaalde situasies kan 'n fokus op opleiding nuttig wees, maar 'n individu se vermoë om opgelei te word, hang in 'n beslissende mate van die karakter van onderwys af. Die vorige minister van Onderwys het met groot lof 'n vinnig dalende slaagsyfer in die finale skooleksamens tot 1997 op sy kop gedraai om 'n haas onmoontlike 55% verbetering teen 2003 te bewerkstellig. Tog moes die grootste finansiële tydskrif, die Financial Mail op November 12 vanjaar die situasie soos volg opsom: "At matric level, we are producing hardly more maths higher grade(HG) passes than we were 12 years ago -- and only 4600 or 13% of them are African. ... Most tellingly, two-thirds of the maths HG passes are produced by just 24% of high schools, many of them former Model C schools. In the Western Cape ... 99% of black African passes in HG maths and science come from the old Model C schools. Yet the national government appears determined to further undermine the powers of the school governing bodies ... And that will finally kill off mathematics in most state schools.(bl 12). Te midde van die amptelike erkenning van 'n rykdom van nasionale tale, insluitende Afrikaans natuurlik, en die amptelik aanvaarde plig om moedertaal-onderrig aan te bied, het die aantal enkelmedium Afrikaanstalige regeringskole sterk na 1994 gedaal. Onderrig in die ander inheemse tale is tot die eerste drie jare te beperk. Engels word baie vinnig die opleidingstaal van die land, met al die gepaardgaande struikelblokke vir die miljoene nie-Engelsprekende, arm, landelike kinders in die land vir wie Engels 'n baie ingewikkelde en vreemde taal is. Verder het inskrywings by onafhanklike (privaat) skole onder alle etniese groepe die hoogte ingeskiet, met 'n 95% toename in onafhanklike skole tussen 1995 en 2002. Deskundiges sal natuurlik eindeloos die vraag of die onderwysstelsel verbeter of versleg kan debatteer, elkeen met sy of haar veronderstellings, statistieke en sydighede, maar daar is miskien een vry algemeen aanvaarde maatstaf, of finale geldigheidstoets - hoe die ouers van kinders op skool die saak bejeën. Daarom is daar in 2003 besluit om 'n nasionale opname te maak van die menings van ouers oor die onderwys. Maar weer eens kan daar voorspel word dat teenstrydighede die gevolgtrekkings sal vertroebel. Franklin D. Roosevelt het op 'n keer die vanselfsprekende punt gemaak dat 'n regering nie beter kan vaar as die openbare mening wat dit ondersteun nie. Die burgery kry die soort regering wat hulle verdien, en die geskiedenis bewys ruimskoots dat openbare mening van die feilbaarste aanduidings van die doeltreffendheid van beleid kan wees. Roosevelt moes miskien bygevoeg het dat die regering se geesdriftigste ondersteuners ook sy ergste vyande kan wees, en dat sy ware vriende sy felste kritici is. Hierdie ironie kan dalk goed weerspieël word in alledaagse menings oor die toestand waarin openbare onderwys in Suid-Afrika verkeer. Ouers het natuurlike legitimiteit, maar hulle is nie noodwendig altyd reg nie. Nogtans is daar twee klankborde wat nooit buite hoorafstand behoort te wees nie - die behoeftes van die ekonomie (die aanhaling uit die Financial Mail en voorafgaande opmerkings hierbo geld) en die menings van ouers wat hul kinders aan die stelsel moet toevertrou. Oor die behoeftes van die ekonomie word boekdele geskryf, maar die moeder en vader op straat word selde geraadpleeg. Daarom is die besluit geneem om die opname te loods. So 'n opname kan miskien nie die absolute waarheid ontbloot nie, maar dit kan een baie groot vraag aanspreek - hoe goed slaag die Suid-Afrikaanse kiesers, en die miljoene ouers onder hulle, om die regering te help om op die kernwerklikhede en duursame kriteria te fokus? Of sal hulle voortaan, soos in die verlede, die gebrekkige onderwys kry wat hulle politieke partydighede verdien? 1. Die Opname Vir die projek het ons 'n meningsopname laat doen van die houding van ouers oor die onderwys en dié van die vlakke van tevredenheid oor die onderwys en oor kwessies soos Afrikaans as voertaal. Die steekproef is 'n gestratifiseerde ewekansige seleksie van 2250 huishoudings dwarsoor die land, van groot stede tot in die diepste landelike uithoeke. (Kyk aanhangsel vir 'n beskrywing van die tegniese aspekte van die opname.) Hierdie vertolking van die bevindinge is daarop gemik om die beleidsimplikasies en opvolgmoontlikhede van die temas wat ondersoek is, te verken. Derhalwe word tegniese inhoud tot 'n minimum beperk. Die verslag is opgestel in 'n poging om die teenstrydighede op die gebied van onderwys te belig en om die inhoud van sekere onderwysvraagstukke van openbare belang aan die hand van die persepsies van ouers te verdiep. Twee vrae het as riglyne vir die ontleding gedien:
Koste-oorwegings het verhoed dat hierdie omvattende vrae in hulle volle detail ondersoek kon word maar ons vertrou dat die bevindinge, hoe beperk ook al, wel die openbare gesprek oor beleid en ook tot gepaste verdere ontledings en optredes sal stimuleer. Omdat hierdie studie probleem-gerig is sal daar meer klem op die problematiese in die vertolking wees maar dit beteken nie dat die ontleding sodanig negatief ingestel is nie. 2. Hoe word die onderwysstelsel in die land deur ouers bejeën?: Vlakke van tevredenheid Die evaluering van onderwys is 'n deurlopende plig van alle ouers en burgers in 'n land. In 'n baie basiese opsig is die openbare onderwys die verlengstuk van die gesin in sy vormingsfunksies. Hoewel die staat oral ter wêreld voogdyskap van kinders binne die onderwys oorneem en sowel opvoedkundige as ideologiese en ekonomiese doelwitte daarmee nastreef, het die ouer tog sekere "natuurlike" regte en verpligtinge wat nie binne enige demokratiese bestel deur n regering toegeëien mag word nie. Daarom moet die onderwys met die goedkeuring van alle burgers bedryf word. Hoewel die meeste demokratiese besluite met slegs die goedkeuring van 'n meerderheid of 'n pluraliteit geneem kan word, behoort sekere instellings bokant die politiek uit te styg. Almal het die reg op goeie regspleging, en daarom moet die howe onafhanklik staan. Almal het die reg op gesondheid en lewe en daarom behoort 'n regering nooit die Hippokratiese eed van 'n geneesheer te dwarsboom nie. So ook het alle ouers die reg, deur hul deelname, direk of indirek aan skoolbeheerliggame, om seggenskap uit te oefen oor hul kinders se opvoeding. Dit is dan teen die agtergrond van hierdie natuurlike legitimiteit van ouers dat hulle gevra is om die onderwysstelsel te evalueer. Die bevindinge word as eerste deel van die verslag aangebied. Eers is gevra hoe tevrede of ontevrede hulle met die huidige onderwysbestel in die land is. Oorhoofs gesien lyk die resultaat positief. Ongeveer 65% van ouers verklaar dat hulle óf baie tevrede (40%) of tevrede (25%) met die onderwys is soos wat dit op die oomblik aangebied word. Die meeste regerings in die wêreld sou verheug met so 'n respons gewees het aangesien onderwys gewoonlik een van die meer omstrede kwessies in enige land is. Daar moet egter nie te gou aangeneem word dat daar algemene tevredenheid onder twee-derdes van die bevolking is nie. Soos ons later sal sien, is hierdie tevredenheid gekwalifiseer en dit weerspieël nie die groot verskille onder verskillende gemeenskappe nie. Die variasies blyk duidelik uit die eerste grafiek hieronder. Grafiek 1. ![]() Die verskille in die vlakke van algehele tevredenheid is opvallend. Die grootste tevredenheid kom voor onder swart ouers, en in die besonder onder swak opgevoede ouers. Die redes vir tevredenheid by hierdie ouers is min of meer soos wat 'n mens sou verwag. Hul waarneming is dat die onderwys verbeter het sedert die einde van die era van apartheid (maar nie onder almal nie), dat kinders beter en goeie resultate behaal en ook meer gemotiveerd is, en dat die toerusting en die geriewe aan die verbeter is. Ook het hulle waardering vir die feit dat arm ouers nie gedwing word om fooie te betaal nie en laastens voel hulle dat die pligsgetrouheid van onderwysers aan die verbeter is. Duidelike meerderhede van Indiër- en blanke ouers is egter ontevrede met die beleid en verskaffing van onderwys. Die hoogste vlak van ontevredenheid is by Indiër-ouers gevolg deur wit Afrikaanse ouers. Hierdie patrone is nog meer treffend indien daar op die vlakke van uiterste ontevredenheid gelet word, wat ons verskaf in grafiek twee. Grafiek 2. ![]() Hier sien ons dat oor 'n derde van wit ouers baie ontevrede is maar dat 'n verbasende helfte van Indiër ouers sterk ontevrede blyk te wees. Beduidende variasies word ook binne etniese groepe gemerk. In tabel 1 word die betekenisvolle variasies aangedui. Die duidelikste patrone kom na vore indien daar na die negatiewe afwykings kyk - die "taamlik" en "baie ontevrede" persentasies saam. |
| Subgroep | %asies "taamlik" en "baie" ontevrede | Subgroep | %asies "taamlik" en "baie" ontevrede |
|---|---|---|---|
| Alle swart ouers | 30% | IsiZulu-sprekers | 42% |
| 25-34 jaar | 38% | Tsonga sprekers | 82% |
| Hoogste peil: Graad 6/7 | 42% | Witboordjie werkers | 45% |
| Informele sektor | 55% | Dienswerkers | 45% |
| Werksaam in vaste formele sektorbane | 39% | Professioneel | 39% |
| Werkloos | 24% | Alle ander blouboordjies | 25% |
| KwaZulu-Natal | 50% | Plaaswerkers | 45% |
| Noord Wes | 14% | Werkloos | 25% |
| Gauteng | 18% | R1200 pm plus huishoudelike inkomste | 26% |
| Mpumulanga | 16% | Onder R600 pm | 37% |
| Limpopo | 37% | ANC ondersteuners | 31% |
| Klein en groter dorpe | 44% | DA ondersteuners | 29% |
| Hostelbewoners | 43% | Onafhanklike demokrate | 48% |
| Metropolitaanse gebiede | 15% | IFP ondersteuners | 36% |
| Landelik nie-tradisioneel | 39% | Stem nie/apolities | 15% |
| In die tabel is daar duidelik politieke en streekfaktore wat die patrone beïnvloed. Daar is ook 'n teenstrydige neiging in die sin dat terwyl stygende huishoudelike inkomste die ontevredenheid laat daal, die groot massas werkloses en blouboordjiewerkers in die groot stede en die landelike stamgebiede redelik tevrede is. Dit is juis die meer suksesvolle werkers, die witboordjiewerkers en die vaste formelesektorwerkers wat meer ontevrede is, en dan die mense in klein dorpe en plaasgebiede. Breed gestel, is tevredenheid met onderwys gemiddeld tot hoog die hoogste in 'n stedelike en landelike stamgebied "lumpenproleteriaat" en ontevredenheid is op sy hoogste onder diegene wie se opleiding getoets sal word in 'n mededingende arbeidsmark in die formele sektor of mense wat nie aan die stedelike "township konsensus" onderhewig is nie. Dit wil inderdaad voorkom of die swart meerderheid se aanvaarding van die huidige onderwysstelsel die produk is van 'n politieke konsensus of "kultuur". Dit word dramaties uitgebeeld in die feit dat die miljoene stedelike en stamgebied werkloses redelik tevrede is met 'n stelsel wat hulle geensins gehelp het nie. | |
| In tabel 1b word die resultate vir wit ouers gegee. | |
| Tabel 1b. Beduidende afwykings in ontevredenheid binne etniese groepe: Wit ouers |
| Subgroep | Ontevredenheidsvlak: Matig en baie ontevrede saam |
|---|---|
| Alle wit ouers | 58% |
| Manlik | 67% |
| Vroulik | 51% |
| Afrikaans | 79% |
| Swak en sterk punte van die ou en nuwe onderwysstelsel met spesiale verwysing na die behoefte aan verdere hervorming: Verslag opgestel aan die hand van 'n kongres oor die onderwys, gehou op UWK-kampus op 4-5 Junie 2004. - Deur Chris Heese |
| ONDERWYSKONGRESVERSLAG 1. INLEIDING 1.1 AGTERGROND 'n Inisiatief van Herman Giliomee, Lawrence Schlemmer en andere het uitgeloop op 'n onderwyskongres wat gehou is in Stellenbosch in Junie 2004. Die kongres was die gevolg van 'n persepsie onder verskeie waarnemers en onderwysbetrokkenes dat die onderwys in die RSA in krisis is, maar dat veral onderwys soos dit die Afrikaanssprekendes raak, veld verloor en in gehalte agteruitgaan. Hierdie verslag is 'n poging om 'n samevatting van die bevindings van die onderwyskongres te gee, maar, omdat empiriese gegewens skaars is, min van die probleemareas grondig nagevors is en omdat alle fasette van die probleem nie volledig tydens die kongres uitgepluis kon word nie, word aanvullende sake aangeroer. Die verslag probeer ook praktiese voorstelle maak om van die probleme aan te spreek. Die verslag doen hom gevolglik nie voor as 'n wetenskaplike verslag nie. Veeleerder is dit 'n spekulatiewe beredenering wat op gesonde opvoedkundige teorie berus. Die empiriese gedeelte van die verslag sal die volgende dek:
In die volgende gedeelte sal 'n poging aangewend word om gesonde, teoreties verantwoorde praktyk te identifiseer asook die stappe wat nodig is om dit ten uitvoer te bring. In die slotgedeelte van die verslag word instansies wat benodig word, met hulle geprojekteerde funksies aanbeveel. 1.2 TERMINOLOGIE Daar is politieke wetenskaplikes wat argumenteer dat groepsbegrippe geen plek het in akademiese diskoers nie en dat individue die eenhede is wat ook in analise as grondslag gebruik moet word. Nogtans is die gebruik dwarsdeur die wêreld om groepname te gebruik waar kollektief van versamelings mense wat eienskappe deel, gepraat word. Die huidige regering doen dit in die versameling van statistiek en hierdie gebruik word hier sonder verskoning aangewend. 2. EMPIRIESE GEGEWENS 2.1 HISTORIESE OORSIG 2.1.1 Die einde van die ou bedeling Die periode tussen die 1984-grondwet en die nuwe orde is gekenmerk deur pogings om die status quo so ver moontlik in stand te hou. Daar was 'n onwilligheid om die stappe te doen wat voor-die-hand-liggend was, soos om toelatingsbeleid op skool en naskoolse vlakke te liberaliseer en dit was maar in die finale paar jaar dat 'n tienjaarplan opgestel is om onderwysbesteding oor groepsgrense gelyk te maak. Hierdie plan het nie geslaag nie omdat die politieke wil nie bestaan het nie en die steunbasis vir die nodige finansiële opofferings nie bestaan het nie. Daar was min voorbereiding van die gemeenskappe vir nuwe toelatingsbeleid, finansieringsgrondslae of personeelbeleid wat by ordewisseling moes kom. Die skolestelsel Die enkele positiewe bydrae in hierdie era was die implementering van die skoolmodelle. Die model-C skool is die enkel mees effektiewe meganisme in die behoud van breë onderwysgehalte sedertdien. Die model het egter leemtes gehad (die modelle is slegs in die blanke skolestelsel ingevoer; ouerbeheer oor toelatingsbeleid en personeelaanstellings kon - en is - gebruik om skole wit te hou) wat dit die natuurlike teiken gemaak het van die nuwe regering, sodat die langtermyneffek minder was as wat dit kon gewees het. Die enkele belangrikste rede vir die sukses van dié skole is dat die model skole bestuursmatig vry gemaak het van staatsbeheer en die verantwoordelikheid vir gehalte geplaas het in die hande van die ouergemeenskap, die wetlike eindgebruiker. Hoër onderwys Die gebrek aan politieke wil tot verandering was ook hier sigbaar. In die laat tagtigerjare is rasse-eksklusiwiteit nog probeer handhaaf deur 'n kwotabeleid aan universiteite - 'n poging wat in die howe gesneuwel het. Onderwysersopleiding: 'n Verdere voorbeeld van veranderings-traagheid was die poging vanuit die amptenary om onderwyskolleges op 'n gesonde grondslag te plaas deur hulle bestuursoutonomie te gee en die stelsel te rasionaliseer. Daar was te veel kolleges. Hulle opleiding was veel duurder as enige ander vergelykbare opleiding en hulle kon op die duur nie bekostig word nie. Hierdie poging is nie ondersteun deur óf die kolleges, óf die senior onderwysbestuur, óf die politieke besluitnemers nie en het gefaal. Oplaas is enkele kolleges "gered" deur hulle met hulle voog-universiteite te amalgameer. Bates Die ou stelsel het bepaalde bates nagelaat:
Laste Die stelsel het verskeie laste gahad:
2.1.2 Die nuwe bedeling Die nuwe bedeling is ten nouste beinvloed deur vier faktore:
Marxisme Gedurende die apartheidsjare was Brittanje en die Skandinawiese lande weliswaar toevlugsoorde vir die ANC-leiding, maar dit is veral Rusland wat weens die koue oorlog as beskermheer van die ANC gefunksioneer het. Hierdie gegewenes het in nuwe onderwysbeleid die deurslag gegee. Onderlinge groepsverhoudinge is aanvanklik gelees in terme van 'n klassestryd sodat die ou middelstand (wit) as die primêre vyand gesien is. Veral die Afrikaner en Afrikaanse instellings is gevolglik geteiken. Wat die ontwikkelingsgang van die nuwe orde betref, is geglo dat die nuwe nie uit die oue kon onstaan nie, maar dat die oue by voorkeur gedekonstrueer moes word voordat die nuwe in sy plek kon verrys. Ook inrigtings moes gedekonstrueer word. Die Universiteit van Fort Hare (Bengu - die eerste onderwysminister) die Universiteit van die Noorde (Manganje - die eerste onderwys-DG) was altwee slagoffers hiervan. Hierdie inrigtings moes eers afgetakel word en dan verdwyn. Selfs terminologie moes verander. Die skooljare is vernoem. Standerds het grade geword. Leerlinge - leerders. In die meeste gevalle was die naamveranderings nie funksioneel nie - bloot kosmeties en duur. Wat betref stelselhervorming, het Britse en Skandinawiese denke 'n groot invloed gehad - 'n invloed wat met die val van die kommunisme as denkmodel versterk is. In baie gevalle was hierdie nuwe modelle nie toepaslik nie, omdat die Suid-Afrikaase samelewing op 'n ander vlak van ontwikkeling was en in 'n ander omgewing gefunksioneer het as die betrokke modelsamelewing. In latere besprekings sal die uitwerking van hierdie invloede verder ontrafel word. Die gelykheidsdrang Die gelykheidsdrang was nie bloot 'n reaksie op die onderdrukking wat ervaar is in die apartheidsjare nie. Dit was ook integrale deel van die breë strewe na gelykheid wat wêreldwyd kenmerk was van politieke ontwikkelings in die tweede helfte van die twintigste eeu. Dit het ook goed gepas by die nie-individualisme van ubuntu. Hierdie drang het veral ingespeel op die toelatingsbeleid en personeelbeleid wat in onderwysinrigtings gevolg moet word. Daar moet op gelet word dat gelykheid in die onderwys in die meeste liberale demokrasieë gelees word as gelyke geleentheid, terwyl die meeste sosialistiese stelsels oorhel na gelyke uitkomste. Aanvanklik was die aandrang op gelyke uitkomste. Die uitwerking van hierdie drang is vergroot deur die aanvaarding dat individue wat in die vorige bedeling benadeel is, in die nuwe deur beplande beleidsintervensie voorkeur moes kry. 'n Tweede area waar die gelykheidsdrang 'n impak gehad het, is op norme en standaarde. Nie alleen moet insette geëgaliseer word nie, maar daar moes ook verseker word dat uitkomste gelyk gemaak word. Die gehalte van leeruitkomste is hierdeur nadelig geraak. Nie-toepaslike onderwyskundige teorieë Die Britse en Skandinawiese konsultante sowel as die Suid-Afrikaners wat daar opgelei is en deur die nuwe owerheid as konsultante gebruik is, het natuurlik sterk op die tuismodelle gesteun as beleidsaanbevelings vir die nuwe stelsel gedoen is. Beleidselemente wat hieraan ontleen is, sluit die volgende in:
Hierdie fasette sal later meer volledig bespreek word. Voorlopig kan volstaan word met die stelling dat geen enkele een van hierdie inisiatiewe 'n ongekwalifiseerde sukses was nie, omdat Suid-Afrika nie tydens die oorgang 'n eerstewêreldse samelewing met 'n Noord-Europese klimaat was nie. Die kontekste het verskil. Personeelbeleid Die vervanging van senioramptenare is standaardprosedure by politieke oorgange. Die nuwe politieke magshebbers wil immers departementshoofde en ander sleutelpersoneel hê wat hulle oogmerke deel en sulke mense word dan aangestel. Wat in Suid-Afrika gebeur het, was egter nie normaal nie. Bykans die hele bestuurs- en vakkundige personeel van die ou onderwysdepartemente is vervang. Gewoonlik het die nuwe posbekleërs nog die kennis, nog die ervaring gehad om hulle funksies uit te voer en gevolglik moes van konsultante gebruik gemaak word. Omtrent die gehele poel van onderwyskundige kennis wat met die Suid-Afrikaanse konteks vertroud was op die stelselvlak, is ontslaan. Die beleidmatige uitvloeisel hiervan is dat daar geen kundiges in die stelsel was om te waarsku teen nie-toepaslike beleid nie. Die inrigtings Die impak wat hierdie inisiatiewe op die inrigtings gehad het, sal in par. 2.4 aangespreek word. Bates: Die hoofbates was die volgende:
Laste: Van die belangrikste laste was die volgende:
2.2 WETGEWENDE RAAMWERK 2.2.1 Die Grondwet 'n Analise (Colditz, 2004) toon aan dat die Grondwet inter alia voorsiening maak vir groepregte betreffende taal, kultuur en godsdiens, maar dat hierdie regte naas ander regte bestaan wat weens omstandighede geoordeel mag word 'n hoër prioriteit te hê. So byvoorbeeld mag geoordeel word dat die kind se reg op onderwys en dus toegang tot 'n bepaalde fasiliteit, prioriteit behoort te geniet bo die groep se reg om eksklusief die skool aan te wend vir moedertaalonderwys. Hierdie analise is, wat die Grondwet en sentrale onderwyswetgewing betref, volledig, maar die naaswetgewing in die onderskeie provinsies is nie nagevors nie en sal moontlik 'n impak op hierdie bevindinge hê. In elk geval sal die praktiese posisie ingrypend verander word (ten nadele van Afrikaans) indien konsepwetgewing tans voor die parlement gepasseer word. Mondelinge oorlewering wil hê dat, waar 'n gemeenskap 'n onderwysdepartement in die howe getoets het in gevalle waar groepregte aangetas is, die staat nog nie 'n enkele saak gewen het nie. Die wetgewende raamwerk vir moedertaalonderrig - en spesifiek Afrikaanse onderrig - bestaan en, waar gemeenskappe die reg opeis, beskerm die howe hierdie reg. Die posisie betreffende die staat se verantwoordelikheid om enkelmedium-moedertaalskole op te rig en in stand te hou, is nie finaal uitgeklaar nie. Die omvangryke impak van die handves van menseregte vervat in die Grondwet, sal later breedvoerig aandag kry. 2.2.2 Skolewetgewing Skolewetgewing is tot op hede aangewend primêr om die outonomie van bestuursliggame van skole in te perk. Funksies wat aangetas is, is:
2.2.3 Hoëronderwys-wetgewing Van Wyk (2004) bevestig 'n soorgelyke tendens in wetgewing van toepassing op Ho ëër onderwys. Hier is die nuwe wetgewing gebruik om akademiese vryheid op die volgende terreine in te perk:
Wetgewing is ook gebruik om:
2.3 NUWE BELEIDSINISIATIEWE 2.3.1 Taalbeleid As die staat se taalbleid op papier gekontroleer word, is dit grootliks sinvol. Daar is egter 'n hemelsbreë verskil tussen dit wat op papier staan en wat in praktyk uitgevoer word. Wanneer prof. Gerwel s^ecirc; dat Afrikaans die kreeftegang gaan in 'n vrye mark sonder staatsinmenging is hy gevolglik óf naïef, óf onkundig, óf kwaadwillig. In ANC beheerde provinsies is druk deurlopend uitgeoefen op Afrikaansmedium enkelmediumskole om Engels as voertaal in te voer. Geen soortgelyke druk is op Engelsmediumskole uitgeoefen nie. Hierdie druk het geskied of die skole vol was of nie. Waar hierdie instruksies in die howe getoets is en waar toegang tot onderwysgeleenthede nie 'n faktor was nie, het die staat nie 'n enkele saak gewen nie. Dit ten spyt, het die getal Afrikaansmediumskole - en naskoolse inrigtings, ook universiteite - merkbaar afgeneem. Wat die skole aan betref, volgens Du Plessis (2004) het daar in die ses provinsies wat ondersoek is, in die periode van 1993 tot 2003 'n afname van 1396 tot 844 enkelmedium Afrikaanse skole plaasgevind. Aan die einde van die periode was slegs 59,6% nog enkelmedium. In hiedie periode is daar nie rekord van 'n enkele enkelmedium Engelstalige skool wat van voertaal verander het nie. Gedurende hierdie periode het 150 dubbelmedium geword, 377 het parallelmedium geword en 30 het geheel en al verengels. In skole wat in 1993 100% Afrikaansmedium was, het in 2003 slegs 84,8% van die leerders deur medium Afrikaans onderrig ontvang. Vandag is daar geen enkele universiteit of kampus wat uitsluitlik Afrikaans as onderrigmedium gebruik nie. Daar is minstens 5 universiteite waar Engels eksklusief gebruik word. Daar is geen sprake daarvan dat die getal Afrikaanse universiteite in verhouding is tot die die getal studente wat ten beste gekwalifiseer is om hulle onderrig deur medium van Afrikaans te ontvang nie. Weliswaar het die getal leerders wat deur medium Afrikaans onderrig word, ook betekenisvol afgeneem. Du Plessis (2004) stel die afname in Afrikaanssprekende leerders gedurende die periode van 1993 tot 2003 in 6 provinsies, op ongeveer 7,6%. Dit was egter nie net staatsinmenging wat hierdie gevolg gehad het nie. Die gesindheid onder Afrikaners en Afrikaanstalige kleurlinge het beduidend hiertoe bygedra. Hierdie getallevermindering is 'n refleksie van veranderde gesindhede betreffende Afrikaans en die gesindheidsverandering is vermoedelik die enkele belangrikste faktor wat aangespreek moet word as Afrikaans moet bly voortbestaan. Die staat se voorkeur vir Engels as voertaal impakteer nie alleen op Afrikaanssprekendes nie. Daar is min daadwerklike steun vir die ontwikkeling van Zoeloe of Xhosa of ander tale as onderrigtale. Die staat se houding word versterk deurdat daar geen wesenlike druk vir moedertaalonderrig vanuit hierdie groepe kom nie. Dit op sy beurt het 'n nadelige invloed op die leeruitkomste van alle gemiddelde en ondergemiddelde swart leerlinge ook in Engelsmediumskole. Om dit te verstaan, is dit nodig om die begrippe: verrykende en verskralende meertaligheid (additive and subtractive bilingualism) na te gaan. Wanneer 'n kind onderrig ontvang deur 'n taal wat nie sy of haar moedertaal is nie, sal die milieu waarin die onderrig plaasvind, 'n groot impak op die leerprestasie hê. 'n Verrykende taalmilieu (Lambert, 1975) is een waarin die kind se eie moedertaal met agting bejeën word, nie bloot in uitgesproke standpunt nie, maar in dade. So 'n milieu sal byvoorbeeld die taal as tweede taal aanbied. Dit sal die bestudering daarvan aanmoedig. Dit sal uiterste pogings aanwend om die taal na behore uit te dra, sy kultuurgoed te respekteer en sy letterkunde te lees en laat lees. In gevalle waar die tweede taal met sukses aangeleer word, bevind Cummins (1981; 2003) en ander navorsers dat vaardighede aangeleer in een taal dikwels maklik na die ander taal oorgedra word. Op hierdie wyse ontstaan 'n gemeenskaplike onderliggende vaardigheid. In 'n meertalige land, is dit natuurlik die wenslikste uitkoms. 'n Verskralende taalmilieu is die teenoorgestelde. Dis een wat toelaat dat die oorspronklike moedertaal agteruitgaan. Hier word die ander taal nie geag nie. In so 'n skool sal die personeel en leerlinge vryelik deur woord en daad die gebruikers van die taal as negatief stereotipeer. Die kultuurgoedere word nie geag nie en die letterkunde nie waardeer nie. Europese en Kanadese navorsing het bevind dat kinders in 'n tweede taal kan skoolgaan mits die voertaal voldoende verstaan word, indien die milieu 'n verrykende taalmilieu is. Waar dit verskralend is, is akademiese vordering vertraag en konsepontwikkeling verskraal. In hierdie verband is die begrip, basiese interpersoonlike taalvaardighede (BICS, dws Basic Interpersonal Communication Skills) van belang (Cummins 2003). Dit is die vaardighede wat tipies in 'n ryk gekontekstualiseerde situasie gebruik word - waar die betekenis dikwels uit die konteks afgelei kan word. In 'n dekontektualiseerde situasie is kognitiewe akademiese taalvaardighede (CALP, dws Cognitive Academic Language Proficiency) egter nodig. Dit neem die gemiddelde leerder ongeveer twee jaar om 'n funksionele, sosiale taalgebruik in 'n vreemde taal (BICS) aan te leer, maar dit mag so lank soos vyf tot sewe jaar duur om kognitiewe akademiese vaardighede (CALP) te vestig. In die Suid-Afrikaanse skolestelsel beteken dit dat swart leerders in Engelse skole dikwels te doen kry, nie alleen met die gewone probleme van nie-moedertaal onderrig nie, maar ook met 'n verskralende taalmilieu. Sou hulle van huis af uit milieugestrem wees, word hierdie gestremdheid vermenigvuldig. Hulle sukkel om ooit CALP te bemeester. 'n Tweede taalfaktor wat nie verreken word nie, is die uitwerking op die gehalte van onderwysuitkomste wanneer 'n onderwyser onderrig gee in 'n medium wat hy of sy nie volkome beheers nie. Min navorsing is hieroor beskikbaar. Dieselfde geld vir kleurlingkinders wat eintlik Afrikaans by die huis praat, maar hulleself in Engelsmediumskole bevind. In 'n volgende rubriek sal gekyk word na die wyse waarop 'n verskynsel, inmigrasie, hierop inspeel. 2.3.2 Toelatingsbeleid Tydens die oorgang was groot getalle swart kinders nie op skool nie. Die nuwe regering het uitgegaan van die standpunt dat die reg op toegang tot onderrig 'n hoër prioriteit het as die behoud van kultuurregte. In hierdie siening was die regering geregverdig. In die proses van toelating het die staat egter geen poging aangewend om kultuurregte te beskerm nie. Toelating van nuwe leerders is gewoon afgedwing sonder om die samewerking van skoolgemeenskappe te verkry of om hulle toe te laat om deur konsolidering plek te maak sonder om kultuurregte te verskraal. Voorts is skole ook nie bloot oopgedwing om toelating te verkry vir leerders sonder geleenthede nie. 'n Grootskaalse migrasie het geskied vanaf die voorheen swart skole na skole wat tradisioneel deur ander groepe besoek is. Ouers het dit gedoen in 'n verstaanbare poging om vir hulle kinders beter skoling te verseker. In die stede was daar 'n inmigrasie van leerlinge sodat baie skole op die periferie vandag on- of onderbenut is. In terme van voertaal is dit die Afrikaanse skole alleen wat in die slag gebly het. ***Met toestemming van Die Vrye Afrikaan soos op www.vryeafrikaan.co.za |