Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys
Vereniging Ingelyf kragtens Artikel 21 van die Maatskappywet (Registrasienommer 2001/011539/08)




FAKULTEIT OPVOEDKUNDE EN ONDERWYS


Prospektus 2005



Grondslag en Doelstellinge

Die Pretoriase Akademie vir CVHO is op 11 Mei 2002 as 'n onafhanklike private Instelling vir Hoër Onderwys opgerig met die doel om vanuit die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing wetenskap te beoefen en wetenskaplike en vakkundige onderrig en opleiding van hoë gehalte aan te bied.

Die Pretoriase Akademie vir CVHO stel hom op die Woord van God volgens die Drie Formuliere van Eenheid van die Christelike Geloof wat die fondament van die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing is.

Die Pretoriase Akademie vir CVHO erken dat die Afrikanervolk deur God tot rentmeesterskap oor Suid-Afrika geroep is om die land te onderwerp en te bewerk.

Die Pretoriase Akademie vir CVHO aanvaar Afrikaans as voertaal in al sy werksaamhede en sien dit as taak en verantwoordelikheid om Afrikaans as spreektaal, kultuurtaal en wetenskapstaal te beskerm en te bevorder.

Status van die Pretoriase Akademie vir CVHO

Die Pretoriase Akademie vir CVHO is 'n onderneming sonder winsoogmerk en is kragtens Artikel 21 van die Maatskappywet as maatskappy geregistreer. Die huidige Direksie verteenwoordig die oorspronklike oprigters. Dit is die ideaal om die instelling 'n volksaak te laat word.

Status van Opleiding

Opleiding word formeel en/of deur die mark erken. Die Pretoriase Akademie vir CVHO verskaf byderwetse opleiding van hoë gehalte wat markerkenning sal geniet sodat afgestudeerdes 'n staanplek kan verwerf en hulle lewensroeping kan uitvoer.

  • Markerkenning geskied wanneer die gehalte en aanwendingsgerigtheid van onderrig en opleiding in die werksomgewing aanvaar word. Wanneer 'n afgestudeerde in diens tree, aanvaar die werkgewer gewoonlik formele erkenning van die werknemer se kwalifikasie. Dieselfde geld as die afgestudeerde sy studie elders wil voortsit. Die ander party toets die waarde van die kwalifikasie uit die werksgehalte van die werknemer of uit die studiegehalte van die student.


  • Formele erkenning geskied deur 'n gesag van buite, soos 'n beroeps- of professionele liggaam, 'n ander instelling vir hoë onderwys, of 'n owerheidsliggaam. Formele erkenning word deur die mark getoets en beteken nie noodwendig markerkenning nie. Net so kan 'n kwalifikasie sonder formele erkenning op grond van bewese prestasie aanvaar word.


Bestuurstruktuur

Die Pretoriase Akademie vir CVHO is 'n maatskappy sonder winsbejag wat kragtens Artikel 21 van die Maatskappywet geregistreer is. Dit word beheer en bestuur deur 'n Direksie as oorhoofse beleidmakende bestuursliggaam. Die Besturende Direkteur staan aan die hoof van die administrasie. Gespesialiseerde take en ondersteuningsdienste vir rekenaar- en ander inligtings- en elektroniese sake word op kontrak uitbestee. So verseker die Direksie dat die PA vir CVHO hoogstaande en byderwetse diens en fasiliteite verkry wat by 'n 21e eeuse instelling hoort. Dit verseker dat wetlike voorskrifte en vereistes nagekom en voorkom dat personeel onderbenut word.

Akademiese Struktuur en Bestuur

Die akademiese bestuur van die Pretoriase Akademie vir CVHO bestaan uit 'n senaat wat uit fakulteite saamgestel word en word so opgebou:

  • 'n Fakulteit trek vakke of departemente saam wat wetenskaplik-logies bymekaar hoort. Elke fakulteit het sy eie bestuurstruktuur, soos volg:


  • - 'n Dekaan of Fakulteitshoof is vir die interne bestuur en administrasie van 'n fakulteit verantwoordelik. Departementshoofde doen aan hom verantwoording en steun hom in die uitvoering van sy taak.

    - Departemenstshoofde of Vakhoofde is elkeen vir die interne bestuur van sy departement verantwoordelik. Dit sluit die opstel van leerplanne en vakinhoude en die assessering van studenteprestasie in die betrokke vakkursus in.

    - Die Fakulteitsraad bestaan uit die Departementshoofde en ander akademiese personeel in die Fakulteit met die Fakulteitshoof ampshalwe as voorsitter. Dit tree koördinerend, toesighoudend en adviserend op ten opsigte van alle sake wat die Fakulteit raak en speel 'n deurslaggewende rol in die vasstel van standaarde ten opsigte van kursusinhoud en assessering van studenteprestasies.

  • Die senaat bestaan uit verteenwoordigers van die fakulteitsrade, meestal departementshoofde. Hy wys uit sy midde iemand aan wat hy aan die Direksie voordra om as Rektor of Akademiese Hoof van die Instelling aangestel te word. Die Rektor is die Voorsitter van die Senaat en aanvaar verantwoordelikheid vir die akademiese bestuur.

  • As die hoogste akademiese liggaam formuleer die Senaat uit voorleggings van die fakulteitsrade en vir goedkeuring deur die Direksie, voorstelle vir kursusse, vakinhoude, reëls vir assessering van studente, en ander akademiese sake. Onderhewig aan goedkeuring deur die Direksie het die Senaat die laaste sê oor studenteprestasie en toekenning van kwalifikasies. Uit hoofde van sy toesighouding oor akademiese sake verseker die Senaat dat die akademiese bedryf voldoende befonds en fondse billik aan fakulteite toegewys word.


Lenings en Beurse

Daar is behoefte aan beurse en lenings aan studente wat nie in staat is om self die studiekoste te betaal nie. Die PA vir CVHO wend deurlopend pogings aan om fondse hiervoor te bekom. Voornemende studente kan hieroor navraag doen.

Die PA vir CVHO erken studenteprestasies deur prestasiebeurse toe te ken. Die grootte van die beurse hang van die beskikbaarheid van fondse af.

Boeke en Studiemateriaal

Studente is self vir die aankoop en koste van studiemateriaal verantwoordelik. Klasaantekeninge en lesingbundels van die PA vir CVHO word teen kosprys verskaf. Die PA vir CVHO onderhandel met boekhandelaars om korting op boekaankope te kry. Studente word aangeraai om hieroor navraag te doen.

FAKULTEIT OPVOEDKUNDE EN ONDERWYS
Nagraadse Onderwysersafrondingskursus (NOAK)

Doelstelling

Die Fakulteit Opvoedkunde en Onderwys stel hom ten doel om onderwysers en onderwyseresse vanuit 'n Christelik-volkseie grondslag te ontwikkel en af te rond.

Kursusse word binne die raamwerk van gehalteonderwys aangebied sodat afstuderende onderwysers ten volle in die onderwysomgewing kan optree. Hulle moet van alle onderwysstrominge kennis dra, met inbegrip van Curriculum2005 en OBE en wat daarmee saamgaan. Hulle word onderrig en gelei om die kennis en die toepassing daarvan vanuit die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing te kan beoordeel en word so met geïntegreerde kennis van en insig in Christelike opvoedkunde en onderwys toegerus. Die Nagraadse Onderwysersafrondingskursus (NOAK) is ontwerp om sodanige skoling aan studente te verskaf.

NOAK is op die volgende kategorieë gerig:

  • Persone wat 'n B-graad of driejarige diploma verwerf het en hulle as onderwysers wil bekwaam.

  • Persone wat sonder formele onderwysopleiding as onderwysers aangestel is en die leemte wil vul.

  • Opgeleide onderwysers wat hulle kennis en agtergrond wil verbreed.

  • Onderwysers wat 'n tyd lank uit diens was en wil terugkeer en hulle kennis wil vernuwe volgens nuwe omstandighede.

  • Tuisskoolouers wat hulle kinders self onderrig en opvoed.


Die oorkoepelende doelwit van die onderrig en opleiding is om onderwysers te skool tot 'n gewenste vlak van bekwaamheid en bedrewenheid vir primëre en/of sekondëre onderwys. Hierdie doelwit word nagestreef met -

  1. die verskaffing van 'n toepaslike vakkundige en wetenskaplike grondslag

  2. as fondament vir die ontwikkeling van die toepaslike bekwaamheid en kundigheid wat vir onderwysers nodig is,

  3. wat hulle toerus tot verantwoordbare optrede en besluitneming met aanpassing en die hantering van die onvoorsiene.


Die opleiding behels 'n wye wetenskaplike fundering van opvoedkunde en onderwys, taalstudie, burgerkunde (geskiedenis) en ander skoolvakke. Afgestudeerdes sal tot diens in enige skool in staat wees, maar veral in Christelike ouerskole in die Beweging vir Christelik-volkseie Onderwys, Aksie Reformatoriese Skoolonderrig, ander Christelike ouerskole en Tuisskole.

Toelatingsvereistes

'n Drie- of vierjarige graad of diploma word normaalweg vereis met verkieslik minstens twee skoolvakke, een op derdejaars- en een op tweedejaarsvlak, veral vir persone wat op sekondêre vlak onderwys wil gee. Iemand wat nie ten volle hieraan voldoen nie, kan voorwaardelik toegelaat word met dien verstande dat hy/sy gedurende die NOAK-studie die ontbrekende voorwaardes verwerf.

Taalmedium

Lesingsmateriaal, assessering, terugvoer en kommunikasie tussend die PA vir CVHO en die student geskied in Afrikaans. Taalkursusse (byvoorbeeld Duits, Engels) word in die betrokke taal aangbebied. Studente met 'n ander huistaal word op eie verantwoordelikheid toegelaat en moet 'n deeglike begripskennis in Afrikaan ontwikkel om vrugbaar te kan studeer. Elke student moet 'n skriftelike ooreenkoms met die PA vir CVHO aangaan waarin hy aanvaar dat Afrikaans die taalmedium van die PA is en dat onderrig vanuit die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing verskaf word.

Grondvakke

Opvoedkunde I-III, Calvinistiese Wetenskapsleer en Burgerkunde is vir alle NOAK-studente 'n vereiste. Die aanbieding van hierdie vakke geskied oor een jaar (voltyds) of twee jaar (deeltyds).

Onderrigmetode

Die kursus word by wyse van afstandsonderrig aangebied met die gebruik van e-pos en korrespondensie, met verpligte kontaksessies sover moontlik gedurende skoolvakansies. Assessering, terugvoer en probleemidentifisering word gedurende kontaksessies hanteer. Die eerste studiegidse word by die aanvang van die kursus verskaf en verdere studiemateriaal by daaropvolgende kontaksessies.

Take

Sterk klem word op selfstudie geplaas en van studente word verwag om take te doen en in te stuur vir evaluering. Die take word gedurende die verpligte kontaksessies behandel en terugvoering word aan studente gegee.

Spesialiseringsrigtings

Na die voltooiing van Opvoedkunde I spesialiseer studente in Opvoedkunde II en III in een van die volgende rigtings:
  • Vroeë Kinderontwikkeling (ook bekend as die Aanvangsfase)(Gr R)

  • Junior Primêr (Gr 1-3)

  • Senior Primêr (Gr 4-6)

  • Junior Sekondê (Gr 7-9)

  • Senior Sekoneê (Gr 10-12) ('Verdere Onderwys en Opleiding')


Die volgende skoolvakmetodieke vir sekondêre onderwys word aangebied:
Aardrykskunde, Afrikaans, Biologie, Burgerkunde-Geskiedenis, Bedryfsekonomie, Duits, Engels, Natuur- en Skeikunde, Rekeningkunde, Rekenaarstudie, Rekenaartik, Tegniese Tekeninge, Wiskunde.

Ervaringsonderrig (Proefonderwys)

Proefonderwys geskied onder leiding van dosente en onder toesig van betrokke onderwysers aan die skool waar dit plaasvind. Die dosente evalueer een of meer proeflesse teen die einde van elke tydperk ten opsigte van didaktiese vereistes. Die student reël met die hulp van die kantoor en personeel die proefonderwys. Studente wat reeds in die onderwys staan, noet ook prakties beoordeel word.

Deeltydse studente wat nie voltyds in die onderwys staan nie, moet twee weke in die eerste en drie weke in die tweede studiejaar (of gelykstaande ure) diens by 'n goedgekeurde skool verrig. Hierdie dienste moet insluit: Voorbereiding, klasaanbieding, opstel en merk van vraestelle, toesighouding en nasienwerk. Elke student sal aan twee praktiese assesserings per jaar onderwerp word. Voltydse studente moet vyf weke diens gedurende 'n jaar verrig in minstens twee sessies en sal tydens elke sessie twee praktiese assesserings ondergaan.

Die PA vir CVHO sal studente wat nie in die onderwys staan nie, behulpsaam wees met plasing vir praktiese proefonderwys. Verdere riglyne en voorskrifte in die verband is op aanvraag beskikbaar. Dit bly die student se verantwoordelikheid om die PA vir CVHO van die nodige bewyse te voorsien dat sodanige dienste wel gelewer is. Hierdie getuienis sal in die student se Portefeulje van Bevoegdheid geliasseer word saam met ander bewyse soos take, toetse en vraestelle.

Leerprogram

Die volle kursus behels 24 modules wat voltyds oor een of deeltyds oor twee jaar gevolg word. Dieselfde vereistes ten opsigte van en assessering geld vir albei. Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat 'n student gemiddeld 40 uur studietyd aan elke module sal bestee. Dit sluit leestyd, take, toetse, eksamens, kontaksessies en ander aktiwiteite in.

Die deeltydse leerprogram per kwartaal word hieronder uiteengesit. Die deeltydse leerprogram per kwartaal word hieronder uiteengesit. Die voltydse leerprogram word verkry deur telkens twee deeltydse kwartale saam te voeg, naamlik Kwartaal 1 en 2, 3 en 4, 5 en 6, en 7 en 8.

Deeltydse leerprogram: Vakke
KWARTAAL 1:OPK 110: Opvoedkunde I
 CWL 110: Calvinistiese Wetenskapsleer
 RKG 110: Rekenaargeletterdheid
 
KWARTAAL 2:OPK 120: Opvoedkunde I
 OWR 120: Onderwysreg
 UGO 120: Uitkomsgerigte Onderwys
 PPO 100: Praktiese Proefonderwys
 
KWARTAAL 3:OPK 231: Vroeë Kinder-ontwikkeling II}
 OPK 232: Junior Primêr II}
 OPK 233: Senior Primêr II}Een keusemodule
 OPK 234: Junior Sekondêr II}
 OPK 235: Senior Sekondêr II}
 KKP 130: Klaskamer-praktyk
 BGK 130: Burgerkunde
 PPO 100: Praktiese Proefonderwys
 
KWARTAAL 4:OPK 241:Vroeë Kinder-ontwikkeling II}
 OPK 242: Junior Primêr II}
 OPK 243: Senior Primêr II}Een keusemodule
 OPK 244: Junior Sekondêr II}
 OPK 245: Senior Sekondêr II}
 IKO 240: Inklusiewe Onderwys
 OMA 240: Onderrigmedium - Afrikaans
 
KWARTAAL 5:OPK 311: Vroeë Kinder-ontwikkeling III}
 OPK 312: Junior Primêr III}
 OPK 313: Senior Primêr III}Een keusemodule
 OPK 314: Junior Sekondêr III}
 OPK 315: Senior Sekondêr III}
 VDH 211: Vakdidaktiek (Hoofvak)
 ASS 210: Assessering
 
KWARTAAL 6:OPK 321: Vroeë Kinder-ontwikkeling III}
 OPK 322: Junior Primêr III}
 OPK 323: Senior Primêr III}Een keusemodule
 OPK 324: Junior Sekondêr III}
 OPK 325: Senior Sekondêr}
 VDH 221: Vakdidaktiek (Hoofvak)
 ASS 220: Assessering
 PPO 200: Praktiese Proefonderwys
KWARTAAL 7:OPK 331: Vroeë Kinder-ontwikkeling III}
 OPK 332: Junior Primê III}
 OPK 333: Senior Primêr III}Een keusemodule
 OPK 334: Junior Sekondê:r III}
 OPK 335: Senior Sekondêr III}
 VDB 231: Vakdidaktiek (Byvak)
 MDR 230: Moderering
 PPO 200: Praktiese Proefonderwys
 
KWARTAAL 8:OPK 341: Vroeë Kinder-ontwikkeling III}
 OPK 342: Junior Primêr III}
 OPK 343: Senior Primêr III}Een keusemodule
 OPK 344: Junior Sekondêr III}
 OPK 345: Senior Sekondêr III}
 VDB 241: Vakdidaktiek (Byvak)
 MDR 240: Moderering
*********************************************************************************************************
Die totale tydperk van studie word soos volg verdeel:
 
  • Opvoedkunde en direkte onderwysaangeleenthede: (54%)
  • Praktiese Onderwys: (17%)
  • Vakdidaktiek: (13%)
 
Hierdie verdeling beklemtoon die markgerigtheid van die kursus.
 
Opgestel deur dr PE van der Dussen
Besturende Direkteur
Oktober 2004
 
 
 
BYLAE: BEKNOPTE LEERPLANNE
 
FAKULTEIT OPVOEDKUNDE EN ONDERWYS
 
ASSESSERING
ASS 220

Grondbeginsels van assessering. Assessering teenoor konvensionele toets- en eksamenmodelle. Toepassing van assessering in die praktyk en die opbou van Bevoegdheidsportfolio's. Terugvoer aan leerders. Kwaliteitsversekering en Rekordhouding. Assessering van eie vermoë.

BURGERKUNDE
BGK 130

Aard van Afrikaner-Calvinisme. Onderskeidende karaktertrekke van die Afrikanervolk. Geskiedenis van die Afrikaner in konteks met Suid-Afrikaanse geskiedenis. Simbole en hul betekenisse. Die rol van die Afrikaner in Suid-Afrika. Stemreg, burgerskap en die regte, vryhede en verpligtinge van die individu en 'n volk.

CALVINISTIESE WETENSKAPLEER
Gereformeerde verbondsbeskouing en opvoeding en onderwys: Verbondsbeginsel. Opvoeding en onderwys - verband en onderskeid. Lewensbeskouing en universiteit. Gereformeerde geloofsleer en -belydenis. Godskennis; grondkennis; menskennis (Bybelse antropologie). Calvinisties-gereformeerde lewens- en wêreldbeskouing. Calvinisties-gereformeerde sedeleer (etiek). Genadeverbond. Goue draad van die Verbond in die Bybel. Christelike opvoeding volgens Deut 6. Die doop as verbondsteken en die uitvoering van die doopsbelofte as rigbeginsel vir die Christelike opvoeding. Betekenis van die genadeverbond vir die gereformeerde opvoeding en vir die Calvinisties-gereformeerde skool. Eie karakter van die Calvinisties-gereformeerde skool. Die Calvinisties-gereformeerde leerplanmodel, onderrigmodel en lesverloop-model. Praktiese onderwys.

INKLUSIEWE ONDERWYS
IKO 240

Hantering en akkommodering van leerders met spesiale behoeftes (LSEN) binne die normale klasverband. Tipes spesiale behoeftes en aanpassingsmodelle. Aanpassing van studiemateriaal tot inklusiewe onderwys en leermodelle.

KLASKAMERPRAKTYK
KKP 130

Klaskamerbestuur, -indeling, -inrigting en -organisering. Handhawing van dissipline. Hulpbronne. Ouer-onderwyserverhouding. Onderwyser-hoofverhouding en onderwyser-beheerliggaamverhouding.

MODERERING
MDR 240

Grondbeginsels van moderering. Moderering in die proses van Uitkomsgerigte Onderwys. Toepassing van moderering in die praktyk. Terugvoer aan leerders. Her-assessering, verifiëring en moderering as kringloop. Kwaliteitsversekering. Rekordhouding.

ONDERWYSREG
OWR 120

Basiese wetgewing wat die onderwys in Suid-Afrika beïnvloed: SA Grondwet; die Skolewet; die Wet op Hoër Onderwys. Tuisonderwys. Interpretasie van wetgewing. Waar en hoe om hulp te bekom. Regsprosedures en ligitasie.

OPVOEDKUNDE I
OPK 110 - GENERIES

Fundamentele pedagogiek. Teoretiese indeling van Opvoedkunde. Eerstehulp. Leesonderrig, Godsdiensonderrig, menslike wetenskappe, natuurwetenskappe, lewensoriëntering, tegnologie. Spraak en kommunikasie. Skrif en bord. Aanbiedingsmetodes.
OPK 120 - GENERIES
Klaspraktyk en onderrigpraktyk. Skrif en bord. Aanbiedingsmetodes met betrekking tot vakspesifieke onderrig.

OPVOEDKUNDE II
OPK 231 - VROEë KINDERONTWIKKELING

Gesondheid in klein kinderontwikkeling. Kunsvlyt en handwerk - ontwikkeling van kinderkuns; metodes, materiaal, media; kunskurrikulum; assessering; klaspraktyk. Omgewingsleer. Die aanvangsjaar in die skool.
OPK 241 - VROEë KINDERONTWIKKELING
Musiek en bewegingsaktiwiteit - breinontwikkeling; musiek kurrikulum; beplanning en aanbieding. Kinderliteratuur. Spel as instrument van leer; fasilitering van spel; identifikasie van abnormale speelpatroon en trauma; speelterapie.

OPVOEDKUNDE III
OPK 311 - VROEë KINDERONTWIKKELING

Spesiale onderrigbehoeftes. Godsdiensonderrig. Sosiale onderrig. Lees, skryf en spel in die eerste taal. Skrif en bord. Identifisering van mishandeling en kind-trauma.
OPK 321 - VROEë KINDERONTWIKKELING
Bestuur van kleuterskole en instansies vir vroeë kinderontwikkeling. Gesondheid van vroeë kinders. Lees, skryf en spel in die tweede taal. Buitespel: beplanning van 'n veilige, stimulerende omgewing.
OPK 331 - VROEë KINDERONTWIKKELING
Wiskunde onderrig. Wetenskap en tegnologie. Rekenaaronderrig. Spesiale onderrigbehoeftes. Fisieke onderrig en sportafrigting - vrye spel; emosionele ontwikkeling en waaghouding; vaardighede; fisieke ontwikkeling; oop einde aktiwiteite; positiewe verwagtinge aktiwiteite; gebruik van apparaat; assessering.
OPK 341 - VROEë KINDERONTWIKKELING
Skoolgereedheid. Filosofie en probleme. Assessering en toetsing - die verandering van observasie en evaluasie na assessering. Bronne van inligting. Ontwikkelingsfases en assessering; die individuele leerder.

OPVOEDKUNDE II
OPK 231 - JUNIOR PRIMêR

Rekenaargeletterdheid - rekenaarbeginsels; rekenaarvaardigheid. Akademiese vakke. Omgewingsopvoeding.
OPK 241 - JUNIOR PRIMêR
Fundamentele wiskundige geletterdheid. Navorsingsmetodologie. Onderrigpraktyk. LSEN (spesiale onderwysbehoeftes).

OPVOEDKUNDE III
OPK 311 - JUNIOR PRIMêR

Godsdiensonderrig. Eerstehulp. Menslike wetenskappe. Ekonomiese wetenskappe.
OPK 321 - JUNIOR PRIMêR
Wiskunde. Wetenskap. Kuns, kultuur en drama - kunswaardering; kunste opvoeding.
OPK 331 - JUNIOR PRIMêR
Skrif en bord. Spraak en kommunikasie. Lewensoriëntering. Basiese tegnologie. Leesonderrig.
OPK 341 - JUNIOR PRIMêR
Tegnologie. Musiek - musiekopvoeding; musiekbeluistering; sangleiding; ritmiek. Assessering.

OPVOEDKUNDE II
OPK 231 - SENIOR PRIMëR

Kinderontwikkeling. Die lerende kind. Teoretiese raamwerk in opvoedkunde. Algemene onderrigmetodes en klaskamerbestuur. Voorligting, berading, ontwikkeling van lewensvaardighede. Skoolvakke.
OPK 241 - SENIOR PRIMêR
'n Wetenskapvak. Eerste en tweede taalonderrig. Kuns en kultuur.

OPVOEDKUNDE III
OPK 311 - SENIOR PRIMêR

Godsdiensonderrig. Wiskunde en wiskunde-onderrig.
OPK 321 - SENIOR PRIMêR
Natuurwetenskaponderrig. Tegnologie-onderwys. Spraak en kommunikasie.
OPK 331 - SENIOR PRIMêR
Liggaamlike opvoeding en sportafrigting. Basiese eerstehulp.
OPK 341 - SENIOR PRIMêR
Skoolvakke. Ekonomiese geletterdheid en entrepreneurskap.

OPVOEDKUNDE II
OPK 231 - JUNIOR SEKONDêR

Taal. Rekenaargeletterdheid. Akademiese leerproses.
OPK 241 - JUNIOR SEKONDêR
Navorsingsmetodologie. Praktiese opvoedkunde. Godsdiensonderrig.

OPVOEDKUNDE III
OPK 311 - JUNIOR SEKONDêR

Omgewingstudies. Basiese tegnologie. Eerstehulp.
OPK 321 - JUNIOR SEKONDêR
Menslike wetenskappe. Wiskunde. Spraak en kommunikasie.
OPK 331 - JUNIOR SEKONDêR
Kuns, kultuur en drama. Skoolvakke. Berading en begeleiding.
OPK 341 - JUNIOR SEKONDêR
Lewensoriëntering. Ontwerp en tegnologie. Skoolvakke. Menslike bewegingskunde.

OPVOEDKUNDE II
OPK 231 - SENIOR SEKONDêR

Navorsingsmetodologie. Menslike bewegingskunde.
OPK 241 - SENIOR SEKONDêR
Taal. Rekenaargeletterdheid. Akademiese leerproses.
OPK 311 - SENIOR SEKONDêR
Eerstehulp. Berading en begeleiding. Godsdiensonderrig.

OPVOEDKUNDE III
OPK 321 - SENIOR SEKONDêR

Remediërende opvoedkunde - ondersteuning van spesiale onderwysbehoeftes; leerprobleme.
OPK 331 - SENIOR SEKONDêR
Sportbestuur. Rekenaargebruik. Leesvaardighede. Praktiese opvoedkunde.
OPK 341 - SENIOR SEKONDêR
Assessering van skoolvakke. Omgewingsleer. Kuns en kunswaardering.

PRAKTIESE PROEFONDERWYS
PPO 100

Praktyk-gerigte onderwys met klem op aanbieding- en assesseringsmetodes, nasientegnieke, opstel van vraestelle, klaskamerbestuur en administratiewe funksionering vanuit die Calvinistiese grondslag en oogmerk.
PPO 200
Verdere uitbreiding op PPO100 met klem op onafhanklike funksionering en verbetering van leemtes en areas vir verdere ontwikkeling soos deur die assessering van PPO100 uitgewys.

REKENAARGELETTERDHEID
RKG110

Rekenaars en rekenaarprogrammatuur. Inleiding tot inligtingstegnologie. Rekenaarstelsels. Bedryfstelsels. WINDOWS en LINUX. Programmatuurpakkette. Woordverwerking. StarOffice en MSWord. Sigbladgebruik. StarOffice en MSExcel. Databasisse. StarOffice en MSAccess. Grafiese voorstelling en aanbieding. StarOffice en MSPowerPoint. Netwerke. Internet. Soektogte en soekmasjiene. E-pos.

UITKOMSGERIGTE ONDERWYS
UGO 120

Beginsels van Uitkomsgerigte Onderwys (UGO), toepaslikheid en toepassing in die praktyk van leerder-ontwikkeling. Beplanning en voorbereiding in UGO. Verdeling van vakinhoude in bevoegdheideenhede. Meting, toetsing en uitkomste. Vergelyking van die model teenoor konvensionele onderwysmodelle. Praktiese toepassing van UGO.

VAKDIDAKTIEK - AARDRYKSKUNDE
VHAD 211, VBAD 231, VHAD 221 & VBAD 241

Skoling in Vakdidaktiek Aardrykskunde. Onderrig in aanbieding van Aardrykskunde tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - AFRIKAANS
VHAF 211 & VBAF 231

Skoling in Vakdidaktiek Afrikaans: Leerplanontwerp en lesontwerp. Stelwerk-onderrigstrategie, leesonderrigstrategie, taalkunde-onderrigstrategie, letterkunde-onderrigstrategie. Praktiese Afrikaansonderrig.
VHAF 221 & VBAF 241
Voortsetting van skoling in Vakdidaktiek Afrikaans: Stelwerkonderrigstrategie, leesonderrigstrategie, taalkunde-onderrigstrategie, letterkunde-onderrigstrategie. Praktiese Afrikaansonderrig.

VAKDIDAKTIEK - BEDRYFSEKONOMIE
VHBE 211, VBBE 231, VHBE 221 & VBBE 241

Skoling in Vakdidaktiek Bedryfsekonomie. Onderrig in aanbieding van Bedryfsekonomie tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - BIOLOGIE
VHBI 211, VBBI 231, VHBI 221 & VBBI 241

Skoling in Vakdidaktiek Biologie. Onderrig in aanbieding van Biologie tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - DUITS
VHDT 211, VBDT 231, VHDT 221 & VBDT 241

Skoling in Vakdidaktiek Duits. Onderrig in aanbieding van Duits as derde taal tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - ENGELS
VHEN 211 & VBEN 231

A course in reading, writing and language. Emphasis on developing communication skills and spoken word presenting a relevant study of English language skills through literary extracts and creative exercises. Training in the subject didactics of English. Class practicals.
VHEN 221 & VBEN 241
Designing of curricula and lessons. Didactics of teaching creative and functional writing; techniques for teaching grammar; appreciation of prose and poetry. Class practicals.

VAKDIDAKTIEK - NATUUR- EN SKEIKUNDE
VHNS 211, VBNS 231, VHNS 221 & VBNS 241

Skoling in Vakdidaktiek Chemie en Fisika. Onderrig in aanbieding van Chemie en Fisika tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - REKENAARSTUDIE
VHRS 211, VBRS 231, VHRS 221 & VBRS 241

Skoling in Vakdidaktiek Rekenaarstudie. Onderrig in aanbieding van Rekenaarstudie tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - REKENAARTIK
VHRT 211, VBRT 231, VHRT 221 & VBRT 241

Skoling in Vakdidaktiek Rekenaartik. Onderrig in aanbieding van Rekenaartik tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - REKENINGKUNDE
VHRK 211, VBRK 231, VHRK 221 & VBRK 241

Skoling in Vakdidaktiek Rekeningkunde. Onderrig in aanbieding van Rekeningkunde tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - TEGNIESE TEKENINGE
VHTT211, VBTT 231, VHTT 221 & VBTT 241

Skoling in Vakdidaktiek Tegniese Tekeninge. Onderrig in aanbieding van Tegniese Tekeninge tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - WISKUNDE
VHWI 211, VBWI 231, VHWI 221 & VBWI 241

Skoling in Vakdidaktiek Wiskunde. Onderrig in aanbieding van Wiskunde tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).


H D du Plessis
Opleidingsbestuurder
Oktober 2004