Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys
Vereniging Ingelyf kragtens Artikel 21 van die Maatskappywet (Registrasienommer 2001/011539/08)




Prospektus 2006




Grondslag en Doelstellinge
Die Pretoriase Akademie vir CVHO is op 11 Mei 2002 as 'n onafhanklike private Instelling vir Hoër Onderwys opgerig met die doel om vanuit die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing wetenskap te beoefen en wetenskaplike en vakkundige onderrig en opleiding van hoë gehalte aan te bied.

Die Pretoriase Akademie vir CVHO stel hom op die Woord van God volgens die Drie Formuliere van Eenheid van die Christelike Geloof wat die fondament van die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing is.

Die Pretoriase Akademie vir CVHO erken dat die Afrikanervolk deur God tot rentmeesterskap oor Suid-Afrika geroep is om die land te onderwerp en te bewerk.

Die Pretoriase Akademie vir CVHO aanvaar Afrikaans as voertaal in al sy werksaamhede en sien dit as taak en verantwoordelikheid om Afrikaans as spreektaal, kultuurtaal en wetenskapstaal te beskerm en te bevorder.

Studente moet hulle per ooreenkoms by die bostaande grondslag neerlê.

STATUS VAN DIE PRETORIASE AKADEMIE VIR CVHO SAMESTELLING

Die Pretoriase Akademie vir CVHO is 'n onderneming sonder winsoogmerk en is kragtens Artikel 21 van die Maatskappywet as maatskappy geregistreer. Dit word deur 'n Direksie bestuur wat jaarliks op 'n vergadering van lede aangewys word. Die ideaal is om die instelling tot 'n volksaak te ontwikkel. Met dié doel word belanghebbendes in die volgende liggame betrek:
  • 'n Konvokasie van hoofsaaklik akademies geskoolde ondersteuners is eie aan 'n universiteit en het die taak om raadgewend-toesighoudend teenoor die bestuur op te tree oor sake wat die instelling se akademiese bedrywighede raak. Afstuderendes word lid van die konvokasie en verseker deur hulle deelname dat die opleidingstandaard so gehandhaaf word dat hulle eie akademiese status nie in die gedrang kom nie. Aanvanklik word ander toepaslike persone uitgenooi om lid van die Konvokasie te word.
  • 'n Vriendekring van die PA vir CVHO uit al die vlakke van die Afrikanervolk sal hom daarop toespits om die PA vir CVHO bekend te stel en as volksinstelling te vestig.
  • 'n Dosentekorps sal dosente aan die PA vir CVHO buite die bestuursopset (senaat en fakulteitsrade) saambind.
  • 'n Studentekorps sal studente saambind, gemeenskaplike belange hanteer en bedrywighede koördineer.
Die Direksie sal met hierdie liggame 'n verhouding skep wat die vlot bestuur van die PA vir CVHO as akademiese instelling sal verseker met inagneming van alle belanghebbendes.

ERKENNING VAN OPLEIDING

Opleiding word formeel en/of deur die mark erken. Formele erkenning geskied deur 'n gesag van buite, soos 'n beroeps- of professionele liggaam, 'n ander instelling vir hoër onderwys, of 'n owerheidsliggaam. Die PA vir CVHO spits hom op erkenning deur die mark toe.

Markerkenning geskied wanneer die gehalte en aanwendingsgerigtheid van onderrig en opleiding in die werksomgewing aanvaar word. Wanneer 'n afgestudeerde in diens tree, aanvaar die werkgewer gewoonlik formele erkenning van die werknemer se kwalifikasie. Dieselfde geld as die afgestudeerde sy studie elders wil voortsit. Die ander party toets die waarde van die kwalifikasie uit die werksgehalte van die werknemer of uit die studiegehalte van die student. Dan kan dit gebeur dat 'n formeel-erkende kwalifikasie die toets nie deurstaan nie. Formele erkenning beteken dus nie noodwendig markerkenning nie. Eweneens kan 'n werkgewer of opleidingsinstelling 'n kwalifikasie wat nie formele erkenning het nie, aanvaar op grond van bewese prestasie in die werkplek of klaskamer.

Die Pretoriase Akademie vir CVHO verskaf byderwetse opleiding van hoë gehalte wat markerkenning sal geniet sodat afgestudeerdes 'n staanplek kan verwerf en hulle lewensroeping kan uitvoer. Die PA vir CVHO doen nogtans moeite om formele erkenning te verkry, hetsy by owerheidsliggame of ander instellings plaaslik en elders.

STRUKTUUR

OORHOOFSE BESTUUR

Die Pretoriase Akademie vir CVHO is 'n maatskappy sonder winsbejag wat kragtens Artikel 21 van die Maatskappywet geregistreer is. Dit word beheer en bestuur deur 'n Direksie as oorhoofse beleidmakende bestuursliggaam.

ADMINISTRATIEWE BESTUUR

Die Besturende Direkteur staan aan die hoof van die administrasie en word deur 'n Bedryfskomitee bygestaan. Hy doen aan die Direksie verslag. Die algemene administrasie geskied intern. Gespesialiseerde take soos rekeningkundige en personeeldienste word op kontrak uitbestee. Ondersteuningsdienste vir rekenaar- en ander inligtings- en elektroniese take word deur VDDi Inligtingtegnologie (Edms) Bpk verskaf. Deur spesialisdienste in te koop, verseker die Direksie dat die PA vir CVHO hoogstaande en byderwetse diens en fasiliteite verkry wat aan hom die status van 'n 21e eeuse instelling gee. Dit verseker ook dat wetlike voorskrifte en vereistes nagekom word en voorkom dat personeel onderbenut word.

AKADEMIESE STRUKTUUR EN BESTUUR

Die akademiese bestuur van die Pretoriase Akademie vir CVHO staan onder leiding van die Besturende Direkteur en die Opleidingsbestuurder, bygestaan deur 'n Akademiese Komitee. Daar word beoog om die akademiese struktuur en bestuur so gou moontlik volgens erkende standaarde te ontwikkel.

Die ideale akademiese struktuur bestaan uit 'n senaat wat uit fakulteite saamgestel en van onder af so opgebou word:

'n Fakulteit trek vakke of departemente saam wat wetenskaplik-logies bymekaar hoort. Elke fakulteit het sy eie bestuurstruktuur, soos volg:
  • 'n Dekaan of Fakulteitshoof is vir die interne bestuur en administrasie van 'n fakulteit verantwoordelik. Departementshoofde doen aan hom verslag en steun hom in die uitvoering van sy taak.
  • Departementshoofde of Vakhoofde is elkeen vir die interne bestuur van sy departement verantwoordelik. Dit sluit die opstel van leerplanne en vakinhoude en die assessering van studenteprestasie in die betrokke vakkursusse in.
  • Die Fakulteitsraad bestaan uit die Departementshoofde en ander akademiese personeel in die Fakulteit met die Fakulteitshoof ampshalwe as voorsitter. Dit tree koördinerend, toesighoudend en adviserend op ten opsigte van alle sake wat die Fakulteit raak en speel 'n deurslaggewende rol in die vasstel van standaarde ten opsigte van kursusinhoud en assessering van studenteprestasies.
Die senaat bestaan uit verteenwoordigers van die fakulteitsrade, meestal departementshoofde. As die hoogste akademiese liggaam formuleer die Senaat uit voorleggings van die fakulteitsrade en vir goedkeuring deur die Direksie, voorstelle vir kursusse, vakinhoude, reëls vir assessering van studente, en ander akademiese sake. Dit het, onderhewig aan goedkeuring deur die Direksie (normaalweg by wyse van delegering) die laaste sê oor studenteprestasie en toekenning van kwalifikasies.

Die senaat wys uit sy midde 'n persoon aan wat hy aan die Direksie voordra om as Rektor of Akademiese Hoof van die instelling aangestel te word. Na aanstelling tree die Rektor as Voorsitter van die Senaat op. As Akademiese Hoof aanvaar hy, in samewerking met die Besturende Direkteur, verantwoordelikheid vir die akademiese bestuur en doen verantwoording aan die Senaat en Direksie.

Uit hoofde van sy toesighouding oor akademiese sake het die Senaat die taak om te verseker dat die akademiese bedryf voldoende befonds en fondse billik aan fakulteite toegewys word. Die Senaat vervul so 'n deurslaggewende funksie in die algemene bestuur van die instelling.

Die Direksie se eerste mikpunt is die instel van die volgende fakulteite:
  • Onderwys en Opvoedkunde.
  • Ekonomie en Bestuur.
  • Lettere en Wysbegeerte.
  • Natuurwetenskappe

Die PA vir CVHO bied vanaf 2006 kursusse in Onderwys en Opvoedkunde en in Ekonomie en Bestuur aan, asook sekere vakkursusse in Lettere en Wysbegeerte.

LENINGS EN BEURSE

Daar is behoefte aan beurse en lenings aan studente wat nie in staat is om self die studiekoste te betaal nie. Die PA vir CVHO wend deurlopend pogings aan om fondse hiervoor te bekom. Voornemende studente kan hieroor navraag doen.

Die PA vir CVHO erken studenteprestasies deur prestasiebeurse toe te ken. Die grootte van die beurse hang van die beskikbaarheid van fondse af.

BOEKE EN STUDIEMATERIAAL

Studente koop en betaal self vir boeke en ander studiemateriaal. Klasaantekeninge en lesingbundels van die PA vir CVHO word teen kosprys verskaf. Die PA vir CVHO onderhandel met boekhandelaars om korting op boekaankope te kry. Studente word aangeraai om hieroor navraag te doen.

KURSUSSE IN 2006 AANGEBIED

Die Pretoriase Akademie vir CVHO bied vanaf Januarie 2006 die volgende aan:
  • Nagraadse Onderwysersafrondingskursus (NOAK)
  • Voorbereidende Kursus in Onderwys (VKO)
  • Voorbereidende Bestuurskursus (VBK)
  • Kortkursusse in Onderwysbestuur
  • Kortkursusse in Bestuursaspekte
  • Kortkursusse in Ekonomiese Aspekte

Bykomende kursusse sal deurlopend toegevoeg word.

FAKULTEIT OPVOEDKUNDE EN ONDERWYS

Die Fakulteit Opvoedkunde en Onderwys stel hom ten doel om onderwysers en onderwyseresse vanuit 'n Christelik-volkseie grondslag af te rond en te ontwikkel.

Kursusse word binne die raamwerk van gehalteonderwys aangebied sodat afstuderende onderwysers ten volle in die onderwysomgewing kan optree. Hulle moet van alle onderwysstrominge kennis dra. Hulle word onderrig en gelei om die kennis en die toepassing daarvan vanuit die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing te kan beoordeel en word so met geïntegreerde kennis van en insig in Christelike onderwys en opvoedkunde toegerus.

Die oorkoepelende doelwit is om studente tot 'n gewenste vlak van bekwaamheid en bedrewenheid vir primêre en/of sekondêre onderwys te skool deur middel van -
  1. die verskaffing van 'n toepaslike vakkundige en wetenskaplike grondslag
  2. as fondament vir die ontwikkeling van die toepaslike bekwaamheid en kundigheid wat vir onderwysers nodig is,
  3. wat hulle toerus tot verantwoordbare optrede en besluitneming met aanpassing en die hantering van die onvoorsiene.

Die opleiding behels 'n wye wetenskaplike fundering van opvoedkunde en onderwys, taalstudie, burgerkunde (geskiedenis) en ander skoolvakke. Afgestudeerdes sal tot diens in enige skool in staat wees, maar veral in Christelike ouerskole en ander onafhanklike skole, en tuisskoling.

TAALMEDIUM

Lesingmateriaal, assessering, terugvoer en kommunikasie tussen die PA vir CVHO en die student geskied uitsluitlik in Afrikaans. Taalkursusse (byvoorbeeld Duits, Engels) word in die betrokke taal aangebied. Studente met 'n ander huistaal word op eie verantwoordelikheid toegelaat en moet 'n deeglike begripskennis in Afrikaans ontwikkel om vrugbaar te kan studeer. Elke student moet 'n skriftelike ooreenkoms met die PA vir CVHO aangaan waarin hy aanvaar dat Afrikaans die taalmedium van die PA is en dat onderrig vanuit die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing verskaf word.

GRONDVAKKE

Opvoedkunde I - III, Calvinistiese Wetenskapsleer en Burgerkunde is vir alle onderwysstudente 'n vereiste.

ONDERRIGMETODE

Die kursus word by wyse van afstandsonderrig aangebied met die gebruik van e-pos en korrespondensie, met verpligte kontaksessies sover moontlik gedurende skoolvakansies. Assessering, terugvoer en probleemidentifisering word gedurende kontaksessies hanteer. Die eerste studiegidse word by die aanvang van die kursus verskaf en verdere studiemateriaal by daaropvolgende kontaksessies.

TAKE

Sterk klem word op selfstudie geplaas en van studente word verwag om take te doen en vir evaluering in te stuur. Die take word gedurende die verpligte kontaksessies behandel en terugvoering word aan studente gegee.

Voorbereidende Kursus in Onderwys (VKO)

Die Voorbereidende Kursus in Onderwys (VKO) is op studente gerig wat geen of slegs beperkte onderrig in onderwys en opvoeding gehad het. Benewens skoolverlaters het dit ook nut vir tuisskoolouers. Die kursus kan voltyds of deeltyds geneem word. Voltyds strek dit oor drie jaar en deeltyds oor vier jaar. Die inhoud en vereistes bly dieselfde. By voltooiing van die kursus sal die student toegerus wees om onderwys te gee.

TOELATINGSVEREISTES

'n Erkende skoolverlatingsertifikaat op Graad 12-vlak met Afrikaans of 'n kwalifikasie wat deur die PA vir CVHO as gelykwaardig aanvaar word, word vereis. 'n Student wat nie ten volle hieraan voldoen nie, kan voorwaardelik toegelaat word met dien verstande dat hy/sy gedurende sy/haar studie die ontbrekende voorwaardes verwerf. Die PA vir CVHO mag bykomende vereistes stel.

SAMESTELLING

Kursusse word op drie vlakke aangebied wat mekaar opvolg.

Verpligte Hoofvakke
Opvoedkunde tot vlak III
Een skoolvak tot vlak III uit: Afrikaans
Bedryfsekonomie
Bybelkunde
Duits
Ekonomie
Engels
Geskiedenis
Musiek
Rekeningkunde
Wiskunde
Nog 'n skoolvak tot vlak II uit: Keuselys hierbo.
Nog 'n skoolvak op vlak I uit: Keuselys hierbo.

Verpligte byvakke
Calvinistiese Wetenskapsleer (1 Module)
Burgerkunde (1 Module)
Onderrigmedium Afrikaans (as Afrikaans II/III nie geneem word nie) (1 Module)
Praktiese Engels (as Engels II/III nie geneem word nie) (1 Module)
Uitkomsgerigte Onderwys (1 Module)
Onderwysreg (1 Module)
Klaskamerpraktyk (2 Modules)
Onderwysbestuur (as Ekonomie of Bedryfsekonomie II/III nie geneem word nie) (1 Module)
Rekenaargeletterdheid (1 Module)
Navorsingsmetodiek (2 Modules)
Praktiese Onderwys en -evaluering (4 Modules)

Gedurende die eerste kwartaal van die eerste jaarvlak word slegs Opvoedkunde en byvakke geneem. Sodoende word die byvakke afgehandel terwyl die student van sy/haar keuse van skoolgerigte hoofvakke seker maak wat van die tweede kwartaal af geneem word.

SPESIALISERINGSRIGTINGS

Na die voltooiing van Opvoedkunde I spesialiseer studente in Opvoedkunde II en III in een van die volgende rigtings:
  • Vroeë Kinderontwikkeling (ook bekend as die Aanvangsfase) (Gr R)
  • Junior Primêr (Gr. 1 - 3)
  • Senior Primêr (Gr. 4 - 6)
  • Junior Sekondêr (Gr. 7 - 9)
  • Senior Sekondêr (Gr. 10 -12) ("Verdere Onderwys en Opleiding").

Die volgende skoolvakmetodieke vir sekondêre onderwys word aangebied: Aardrykskunde, Afrikaans, Bedryfsekonomie, Bybelkunde, Burgerkunde-Geskiedenis, Duits, Engels, Musiek, Rekeningkunde, Rekenaarstudie, Rekenaartik, Tegniese Tekeninge, Wiskunde.

Die kernleerplanne verskyn in Bylae A.

ERVARINGSONDERRIG (PROEFONDERWYS)

Proefonderwys moet gedurende die tweede- en derdevlakstudie afgelê word. Dit geskied onder leiding van dosente en onder toesig van betrokke onderwysers aan die skool waar dit plaasvind. Die dosente evalueer een of meer proeflesse teen die einde van elke tydperk ten opsigte van didaktiese vereistes. Die student reël met die hulp van die kantoor en personeel die proefonderwys. Studente wat reeds in die onderwys staan, moet ook prakties beoordeel word. Die PA vir CVHO sal studente behulpsaam wees met plasing vir praktiese proefonderwys. Verdere riglyne en voorskrifte in die verband word in die loop van die studie verskaf.

VOORBEELDE
STUDENT KIES HANDELSRIGTINGSTUDENT KIES TAALRIGTING
JAAR 1: Kwartaal 1JAAR 1: Kwartaal 1
Opvoedkunde IOpvoedkunde I
BurgerkundeBurgerkunde
Calvinistiese WetenskapsleerCalvinistiese Wetenskapsleer
RekenaargeletterdheidRekenaargeletterdheid
JAAR 1: Kwartaal 2JAAR 1: Kwartaal 2
Opvoedkunde IOpvoedkunde I
Ekonomie IAfrikaans I
Wiskunde IGeskiedenis 1
Rekeningkunde IBybelkunde I
JAAR 1: Kwartaal 3 & 4JAAR 1: Kwartaal 3 & 4
Opvoedkunde IOpvoedkunde I
Ekonomie IAfrikaans I
Wiskunde IGeskiedenis 1
Rekeningkunde IBybelkunde I
JAAR 2: Kwartaal 1 & 2JAAR 2: Kwartaal 1 & 2
Opvoedkunde IIOpvoedkunde II
Ekonomie IIAfrikaans II
Wiskunde IIGeskiedenis II
Praktiese EngelsPraktiese Engels
JAAR 2: Kwartaal 3 & 4JAAR 2: Kwartaal 3 & 4
Opvoedkunde IIOpvoedkunde II
Ekonomie IIAfrikaans II
Wiskunde IIGeskiedenis II
OnderwysregOnderwysreg
JAAR 3: Kwartaal 1 & 2JAAR 3: Kwartaal 1 & 2
Opvoedkunde IIIOpvoedkunde III
Ekonomie IIIAfrikaans III
Uitkomsgerigte OnderwysUitkomsgerigte Onderwys
Calvinistiese wetenskapsleerCalvinistiese wetenskapsleer
JAAR 3: Kwartaal 3 & 4JAAR 3: Kwartaal 3 & 4
Opvoedkunde IIIOpvoedkunde III
Ekonomie IIIAfrikaans III
BurgerkundeBurgerkunde
RekenaargeletterdheidRekenaargeletterdheid
JAAR 4: Kwartaal 1 & 2JAAR 4: Kwartaal 1 & 2
Praktiese Onderwys en -evalueringPraktiese Onderwys en -evaluering
Onderrigmedium AfrikaansOnderrigmedium Afrikaans I
KlaskamerpraktykKlaskamerpraktyk
NavorsingsmetodiekNavorsingsmetodiek
JAAR 4: Kwartaal 3 & 4JAAR 4: Kwartaal 3 & 4
Praktiese Onderwys en -evalueringPraktiese Onderwys en -evaluering
Navorsingsmetodiek (Prakties)Navorsingsmetodiek (Prakties)
Opvoedkunde (Spesialisering)Opvoedkunde (Spesialisering)

NAGRAADSE ONDERWYSERSAFRONDINGSKURSUS (NOAK)

TOELATINGSVEREISTES


'n Drie- of vierjarige graad of diploma word normaalweg vereis met verkieslik minstens twee skoolvakke, een op derdejaars- en een op tweedejaarsvlak, veral vir persone wat op sekondêre vlak onderwys wil gee. Iemand wat nie ten volle hieraan voldoen nie, kan voorwaardelik toegelaat word met dien verstande dat hy/sy gedurende die NOAK-studie die ontbrekende voorwaardes verwerf.

SPESIALISERINGSRIGTINGS

Na die voltooiing van Opvoedkunde I spesialiseer studente in Opvoedkunde II en III in een van die volgende rigtings:
  • Vroeë Kinderontwikkeling (ook bekend as die Aanvangsfase) (Gr R)
  • Junior Primêr (Gr. 1 - 3)
  • Senior Primêr (Gr. 4 - 6)
  • Junior Sekondêr (Gr. 7 - 9)
  • Senior Sekondêr (Gr. 10 -12) ("Verdere Onderwys en Opleiding").

Die volgende skoolvakmetodieke vir sekondêre onderwys word aangebied: Aardrykskunde, Afrikaans, Bedryfsekonomie, Biologie, Burgerkunde-Geskiedenis, Duits, Engels, Natuur- en Skeikunde, Rekeningkunde, Rekenaarstudie, Rekenaartik, Tegniese Tekeninge, Wiskunde.

ERVARINGSONDERRIG (PROEFONDERWYS)
Proefonderwys geskied onder leiding van dosente en onder toesig van betrokke onderwysers aan die skool waar dit plaasvind. Die dosente evalueer een of meer proeflesse teen die einde van elke tydperk ten opsigte van didaktiese vereistes. Die student reël met die hulp van die kantoor en personeel die proefonderwys. Studente wat reeds in die onderwys staan, moet ook prakties beoordeel word.

Deeltydse studente wat nie voltyds in die onderwys staan nie, moet twee weke in die eerste en drie weke in die tweede studiejaar (of gelykstaande ure) diens by 'n goedgekeurde skool verrig. Hierdie dienste moet insluit: Voorbereiding, klasaanbieding, opstel en merk van vraestelle, toesighouding en nasienwerk. Elke student sal aan twee praktiese assesserings per jaar onderwerp word. Voltydse studente moet vyf weke diens gedurende 'n jaar verrig in minstens twee sessies en sal tydens elke sessie twee praktiese assesserings ondergaan.

Die PA vir CVHO sal studente wat nie in die onderwys staan nie, behulpsaam wees met plasing vir praktiese proefonderwys. Verdere riglyne en voorskrifte in die verband is op aanvraag beskikbaar.

Dit bly die student se verantwoordelikheid om die PA vir CVHO van die nodige bewyse te voorsien dat sodanige dienste gelewer is. Hierdie getuienis sal in die student se Portefeulje van Bevoegdheid geliasseer word saam met ander bewyse soos take, toetse en vraestelle.

LEERPROGRAM

Die volle kursus behels 24 modules wat voltyds oor een of deeltyds oor twee jaar gevolg word. Dieselfde vereistes ten opsigte van assessering geld vir albei. Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat 'n student gemiddeld 40 uur studietyd aan elke module sal bestee. Dit sluit leestyd, take, toetse, eksamens, kontaksessies en ander aktiwiteite in.

Die deeltydse leerprogram per kwartaal word hieronder uiteengesit. Die voltydse leerprogram word verkry deur telkens twee deeltydse kwartale saam te voeg, naamlik Kwartaal 1 en 2, 3 en 4, 5 en 6, en 7 en 8.

DEELTYDSE LEERPROGRAM: VAKKE
KWARTAAL 1:OPK 110: Opvoedkunde I
CWL 110: Calvinistiese Wetenskapsleer
RKG 110: Rekenaargeletterdheid
KWARTAAL 2:OPK 120: Opvoedkunde I
OWR 120: Onderwysreg
UGO 120: Uitkomsgerigte Onderwys
PPO 100: Praktiese Proefonderwys
KWARTAAL 3:OPK 231: Vroeë Kinder-ontwikkeling II   }
OPK 232: Junior Primêr II   }
OPK 233: Senior Primêr II   }   Een keusemodule
OPK 234: Junior Sekondêr II   }
OPK 235: Senior Sekondêr II   }
KKP 130: Klaskamer-praktyk
BGK 130: Burgerkunde
PPO 100: Praktiese Proefonderwys
KWARTAAL 4:OPK 241: Vroeë Kinder-ontwikkeling II   }
OPK 242: Junior Primêr II   }
OPK 243: Senior Primêr II   }   Een keusemodule
OPK 244: Junior Sekondêr II   }
OPK 245: Senior Sekondêr II   }
IKO 240: Inklusiewe Onderwys
OMA 240: Onderrigmedium - Afrikaans
KWARTAAL 5:OPK 311: Vroeë Kinder-ontwikkeling II   }
OPK 312: Junior Primêr III   }
OPK 313: Senior Primêr III   }   Een keusemodule
OPK 314: Junior Sekondêr III   }
OPK 315: Senior Sekondêr III   }
VDH 211: Vakdidaktiek (Hoofvak)
ASS 210: Assessering
KWARTAAL 6:OPK321: Vroeë Kinder-ontwikkeling III   }
OPK 322: Junior Primêr III   }
OPK 323: Senior Primêr III   }   Een keusemodule
OPK 324: Junior Sekondêr III   }
OPK 325: Senior Sekondêr III   }
VDH 221: Vakdidaktiek (Hoofvak)
ASS 220: Assessering
PPO 200: Praktiese Proefonderwys
KWARTAAL 7:OPK 331: Vroeë Kinder-ontwikkeling III   }
OPK 332: Junior Primêr III   }
OPK 333: Senior Primêr III   }   Een keusemodule
OPK 334: Junior Sekondêr III   }
OPK 335: Senior Sekondêr III   }
VDB 231: Vakdidaktiek (Byvak)
MDR 230: Moderering
PPO 200: Praktiese Proefonderwys
KWARTAAL 8:OPK 341: Vroeë Kinder-ontwikkeling II   }
OPK 342: Junior Primêr III   }
OPK 343: Senior Primêr III   }    Een keusemodule
OPK 344: Junior Sekondêr III   }
OPK 345: Senior Sekondêr III   }
VDB 241: Vakdidaktiek (Byvak)
MDR 240: Moderering

Die totale tydperk van studie word soos volg verdeel:
  • Opvoedkunde en direkte onderwysaangeleenthede: (54%)
  • Praktiese onderwys: (17%)
  • Vakdidaktiek: (13%)
Hierdie verdeling beklemtoon die markgerigtheid van die kursus.

FAKULTEIT EKONOMIE EN BESTUUR

DOELSTELLING


Die Fakulteit Ekonomie en Bestuur bied opleiding wat daarop gerig is om jongmense tot ondernemerskap aan te moedig en te bekwaam. Ondernemerskap omsluit die uitvoering van take met oortuiging en oorspronklikheid deur werknemers in diens van ondernemings.

Daar is deurlopend behoefte aan kennis van ekonomie en bestuur en aan bestuursvermoë en -vaardigheid op alle vlakke en in alle omgewings. Kennis van en insig in toepaslike vakkundighede en die toepassing daarvan is noodsaaklik.

Kursusse word binne die raamwerk van gehalteonderwys aangebied sodat afstuderendes ten volle in die ekonomiese en bedryfsomgewing kan optree. Kennis en leiding ten opsigte van die toepaslike vakke en die benutting daarvan word vanuit die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing aangebied en die student word met geïntegreerde kennis van en insig in kundighede toegerus.

Die opleiding behels 'n wetenskaplike fundering van die volgende vakke: Ekonomie, Bedryfsekonomie, Rekeningkunde, Statistiese Metodes.

TAALMEDIUM

Lesingmateriaal, assessering, terugvoer en kommunikasie tussen die PA vir CVHO en die student geskied uitsluitlik in Afrikaans. Studente met 'n ander huistaal word op eie verantwoordelikheid toegelaat en moet 'n deeglike begripskennis in Afrikaans ontwikkel om vrugbaar te kan studeer. Elke student moet 'n skriftelike ooreenkoms met die PA vir CVHO aangaan waarin hy aanvaar dat Afrikaans die taalmedium van die PA is en dat onderrig vanuit die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing verskaf word.

GRONDVAKKE

Opvoedkunde I - III, Calvinistiese Wetenskapsleer en Burgerkunde is vir alle onderwysstudente 'n vereiste.

ONDERRIGMETODE

Die kursus word by wyse van afstandsonderrig aangebied met die gebruik van e-pos en korrespondensie, met kontaksessies volgens behoefte. Assessering, terugvoer en probleemidentifisering word gedurende kontaksessies hanteer. Die eerste studiegidse word by die aanvang van die kursus verskaf en verdere studiemateriaal by daaropvolgende kontaksessies.

TAKE

Sterk klem word op selfstudie geplaas en van studente word verwag om take te doen en vir evaluering in te stuur. Die take word gedurende die verpligte kontaksessies behandel en terugvoering word aan studente gegee.

Voorbereidende Bestuurskursus (VBK)

PRAKTYKGERIGTHEID

Om die doelstellinge te bereik, bied die Pretoriase Akademie vir CVHO -
  • 'n stewige vakkundig-teoretiese onderbou en denkwyse wat noodsaaklik is vir praktiese probleemuitkenning en probleemoplossing,
  • gepaard met praktykervaring deur deelname aan projekte soos prysopnames en ontleding van ekonomiese statistiek,
  • ervaring in die ontwerp en uitvoering van projekte namate die studievlak vorder,
  • en deelname aan bestuursbeplanningsprojekte.
Afstuderendes sal sodoende vinnig en doeltreffend in 'n werksomgewing inpas.

TOELATINGSVEREISTES

'n Senior Sertifikaat word vereis, of 'n kwalifikasie wat deur die Direksie as voldoende aanvaar word. Afrikaans en 'n tweede erkende wetenskapstaal is noodsaaklik. Die PA vir CVHO kan bykomende vereistes stel. Ekonomiese vakke op skoolvlak is nie nodig nie, maar Wiskunde word sterk aanbeveel.

Studente wat toepaslike kursusse aan 'n ander instelling geslaag het, kan erkenning daarvoor vra. Om die Diploma van die PA vir CVHO te verwerf, word hoogstens 'n derde van die voorgeskrewe getal vakmodules sodanig erken. Werkende studente kan aansoek doen om die erkenning van toepaslike werkstake en werkservaring ten opsigte van praktiese studieopdragte.

LEERPROGRAM

Die VKB-kursus behels die voltooiing van 'n voorgeskrewe aantal modules wat op drie vlakke aangebied word. By voltooiing van die voorgeskrewe getal modules op Vlak 1 en Vlak 2 ontvang die student telkens 'n Sertifikaat daarvoor. Die volle VKB-kursus het 'n tydsbeperking van vyf jaar.

Studente mag vir enkelmodules inskryf en ontvang 'n sertifikaat daarvoor.

Met inagneming van die voorgaande kies die student self op elke vlak die modules waarin hy belangstel. Vir modules op Vlak 2 en 3 geld meestal dat modules op die vorige vlak geslaag moet word as toelatingsvereiste tot die hoërvlakmodule.

Elke module vereis 'n sekere aantal uur studietyd. Studietyd sluit die volgende in: Klasse en kontaksessies; leeswerk met inbegrip van naslaanwerk; uitvoer en uitskryf van take; voorbereiding vir toetse en eksamen; toetse en eksamen; enige ander optrede wat deur 'n dosent vereis word. Die aanvaarde norm is dat die modules van alle vakke gesamentlik minstens 1200 uur per vlak vereis. Dit behels ongeveer die volgende:
  • Eerste vlak:  12 modules
  • Tweede vlak:  10 modules
  • Derde vlak:  8 modules

Dit staan 'n student vry om meer as die voorgeskrewe modules te neem. Alle geslaagde modules sal op elke Vlaksertifikaat en op die Diploma erken word.

Die verpligte modules in Calvinistiese Wetenskapsleer en Burgerkunde maak nie deel van die voorgeskrewe getal vakmodules uit nie.

Die beknopte leerplanne verskyn in Bylae A.

LEERPROGRAM: Voorbereidende Bestuurskursus (VBK)
Die modules volgens vlak word hieronder uiteengesit. Elke student maak 'n keuse uit die modules. Elke vlak verteenwoordig nie noodwendig 'n studiejaar nie. Die studieduur word deur elke student self bepaal met dien verstande dat die Diploma binne ses jaar na eerste inskrywing verwerf word. Benewens die aangegewe kursusse moet elke student voorgeskrewe modules in Calvinistiese Wetenskapsleer en Burgerkunde slaag.

Vlak 1: Minstens 12 modules

1.A.Twee verpligte modules

RekenaarvaardigheidRKV 110  Rekenaars en Programmatuur
RKV 120  Inligtingstegnologie

1.B.Minstens 10 modules uit die onderstaande
Ekonomie  EKN 110  Inleiding en vakomskrywing
  EKN 120  Mikro-ekonomie
  EKN 130  Makro-ekonomie
Bedryfsekonomie  BEK 110  Inleiding en vakomskrywing
  BEK 120  Inleiding tot Bestuurswese
  BEK 130  Bestuursfunksies
Rekeningkunde  REK 110  Inleiding en vakomskrywing
  REK 120  Dokumentasie en Tegniek
  REK 130  Verslagdoening (2 modules)
Statistiek  STK 110  Omskrywing en afbakening
  STK 120  Inleiding tot stelselbestuur
  STK 130  Inleiding tot analise
Kommersiële Reg  KRG 110
  KRG 120

Vlak 2: Minstens 10 modules
EkonomieEKN 210 Inleiding: Geld-en Bankwese
EKN 220 Inleiding: Owerheidsfinansies
EKN 230 Groei en Ontwikkeling
EKN 240 Inleiding: Beleid en Welvaart
EKN 250 Algemene Ekonomiese Geskiedenis
EKN 260 SA Ekonomiese Geskiedenis
BedryfsekonomieBEK 210 Ondernemer as Rentmeester
BEK 220 Algemene Bestuur
BEK 230 Bemarkingsbestuur
BEK 240 Aankoopbestuur
*RekeningkundeREK 210 Finansiële Rekeningkunde (2 modules)
REK 220 Bestuursrekeningkunde (2 modules)
#StatistiekSTK 210 Inferensiële Statistiek
STK 220 Steekproefmetodes
STK 230 Funksies en relasies
$STK 240 Inleiding tot Ekonometrie
&InligtingstelselsINF 110
INF 120
Kommersiële RegKRG 210
KRG 220

*   Eerstevlakkursusse vereis. REK 210 en REK 220 word nie saam geneem nie.

#   STK 110 en 130 word vereis.

$   STK 210 en 230 word vereis.

&   Word nie saam met Statistiek geneem nie.

Vlak 3: Minstens 8 modules
EKN 370 EKN 250 of 260 (indien nog nie geneem nie)
EkonomieEKN 310 Internasionale handel
EKN 320 Internasionale ekonomiese betrekkinge
EKN 330 Groei en Ontwikkelingsteorie
EKN 340 Ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika
EKN 350 Ekonomiese Denke en Rentmeesterskap
EKN 360 Rentmeesterskap en Roepingsvervulling
BedryfsekonomieBEK 310 Menslike hulpbronbestuur
BEK 320 Operasionele Bestuur
BEK 330 Staat en bedryf
BEK 340 Arbeidsorganisasie
*RekeningkundeREK 310 Finansiële Rekeningkunde (2 modules)
REK 320 Bestuursrekeningkunde (2 modules)
#StatistiekSTK 310 Eksperimentele ontwerp en toepassing
STK 320 Scenariomodellering en ontleding
$STK 330 Ekonometriese modellering
&STK 240 Inleiding tot Ekonometrie

*   Tweedevlakkursusse vereis. REK 310 en REK 320 word nie saam geneem nie.

#   STK 210, 220 en 230 word vereis.

$   STK 240 word vereis of word gelyktydig gedoen.

&   STK 210 en 230 word vereis.







BYLAE A: BEKNOPTE LEERPLANNE

FAKULTEIT ONDERWYS EN OPVOEDKUNDE

AFRIKAANS

Eerste Vlak

AFR120 Praktiese Afrikaans (= OMA130)
AFR121 Basiese teksvaardighede
AFR122 Jeugletterkunde
AFR130 Taalkunde
AFR131 Eietydse tekste
AFR132 Nederlandse letterkunde
AFR133 Jeugletterkunde

TweedeVlak
AFR210 Afrikaanse gramatika
AFR201 Genre en tema
AFR202 Skryfvaardighede
AFR203 Jeugliteratuur
AFR220 Afrikaanse grammatika
AFR221 Skryfvaardighede
AFR222 Afrikaanse poësie
AFR223 Hedendaagse letterkunde

Derde Vlak
AFR310 Afrikaanse gramatika
AFR301 Afrikaanse komparisme: tekste in gesprek
AFR302 Ekokritiek: mens, teks en omgewing
AFR303 Taalvariasie en taalpolitiek
AFR320 Afrikaanse gramatika
AFR331 Hedendaagse poësie
AFR332 Jeugletterkunde
AFR333 Taalkunde vir die onderwys

BEDRYFSEKONOMIE
Kyk onder Ekonomie en Bestuur.

BYBELKUNDE

Eerste Vlak

BYB120 Bybelse tekste in hul konteks
BYB121 Bybellees en die ontwikkeling van belangrike lewensvaardighede
BYB130 Die Bybel, godsdiens en spiritualiteit
BYB131 Om die Bybel vir vandag te interpreteer

TweedeVlak
BYB210 Die etiek van Bybellees
BYB201 Die Bybel en Afrika
BYB220 'n Kort geskiedenis van die skepping
BYB221 Profetisme en sosiale vraagstukke

Derde Vlak
BYB310 Politiek, die gemeenskap en godsdiens in antieke Israel
BYB301 Seksualiteit en die liggaam in die vroeë Christelike en antieke tydperke
BYB302 Kontekste van die vroeë Christendom: Godsdienste van die Grieks-Romeine
BYB320 Kontemporêre Nuwe Testament vraagstukke
BYB331 Die Bybel en gender

DUITS

Eerste Vlak

GEM120 Duitse taal en kultuur vir beginners I
GEM130 Duitse taal en kulttur vir beginners II

TweedeVlak
GEM210 Duitse taal en kultuur: Intermediêr I
GEM201 Inleiding tot Duitse letterkundige studie
GEM220 Duitse taal en kultuur: Intermediêr II
GEM221 Lees en analise van Duitse letterkundige tekste

Derde Vlak
GEM310 Duitse taal en kultuur: Gevorderd I
GEM301 Die erfenis van die Duitse letterkunde I
GEM320 Duitse taal en kuluur: Gevorderd II
GEM331 Die erfenis van die Duitse letterkunde I

EKONOMIE
Kyk onder Ekonomie en Bestuur.

ENGELS

Eerste Vlak

ENG120 Introduction to English skills
ENG130 English communication for education
ENG131 English communication for literature

TweedeVlak
ENG210 Protest, satire and subversion
ENG201 Discovering new worlds: texts, power and boundaries
ENG202 One writer's vision: Jane Austen
ENG220 African encounters
ENG221 Close reading, good writing
ENG222 English language studies

Derde Vlak
ENG310 South African English literature: then and now
ENG301 Intertextually
ENG302 Themes in English language study
ENG320 The unruly woman
ENG331 African journeys
ENG332 The persistent phoenix: Medieval worlds reborn

GESKIEDENIS

Eerste Vlak

GSK120 Voorkoloniale Suid-Afrika
GSK121 Die wording van vroeë koloniale Suid-Afrika
GSK130 Die wording van kontemporêre Suid-Afrika sedert 1652
GSK131 Algemene geskiedenisvaardighede

TweedeVlak: Kwartaal 1 & 2
GSK210 Inleiding tot Afrika-studies
GSK201 Temas uit die 19de eeu: mag en Westerse wêreld
GSK220 Vroeë staatsvorming, slawerny en koloniale verowering in Afrika
GSK221 Goud, arbeid en oorlog in Suid-Afrika in die laat 19de eeu

Derde Vlak
GSK310 Temas uit die 20ste eeuse wêreldgeskiedenis: op weg na globalisering
GSK301 Dekolonisasie, onafhanklikheid en sosiale verandering in moderne Afrika
GSK302 Suid-Afrika in die twintigste eeu: arbeidsbewegings en politieke organisasies
GSK320 Suid-Afrika in die twintigste eeu: die opkoms en krisis van wit staatsmag - segregrasie, apartheid en die Afrikanerdom
GSK331 Erfenisstudies

REKENAARVAARDIGHEID
Kyk onder Ekonomie en Bestuur.

REKENINGKUNDE
Kyk onder Ekonomie en Bestuur.

WISKUNDE
Eerste Vlak

WIS120 Voorkennis tot Infinitesimaalrekening A
WIS121 Calculus A
WIS130 Voorkennis tot Infinitesimaalrekening B
WIS131 Calculus B
WIS132 Lineêre algebra

TweedeVlak
WIS210 Lineêre algebra II
WIS201 Inleiding tot diskrete wiskunde
WIS202 Meetkunde II
WIS220 Lineêre algebra III
WIS221 Meetkunde III

Derde Vlak
WIS310 Calculus in hoër dimensies
WIS301 Differensiaalvergelykings
WIS302 Toegepaste dinamiese stelsels
WIS320 Algebra
WIS331 Komplekse analise
WIS332 Metriese ruimtes en die Lebesque-integraal

ASSESSERING

ASS 220

Grondbeginsels van assessering. Assessering teenoor konvensionele toets- en eksamenmodelle. Toepassing van assessering in die praktyk en die opbou van Bevoegdheidsportfolio's. Terugvoer aan leerders. Kwaliteitsversekering en Rekordhouding. Assessering van eie vermoë.

BURGERKUNDE

BGK 130

Aard van Afrikaner-Calvinisme. Onderskeidende karaktertrekke van die Afrikanervolk. Geskiedenis van die Afrikaner in konteks met Suid-Afrikaanse geskiedenis. Simbole en hul betekenisse. Die rol van die Afrikaner in Suid-Afrika. Stemreg, burgerskap en die regte, vryhede en verpligtinge van die individu en 'n volk.

CALVINISTIESE WETENSKAPSLEER
Kyk onder Ekonomie en Bestuur.

INKLUSIEWE ONDERWYS

IKO 240
Hantering en akkommodering van leerders met spesiale behoeftes (LSEN) binne die normale klasverband. Tipes spesiale behoeftes en aanpassingsmodelle. Aanpassing van studiemateriaal tot inklusiewe onderwys en leermodelle.

KLASKAMERPRAKTYK

KKP 130

Klaskamerbestuur, -indeling, -inrigting en -organisering. Handhawing van dissipline. Hulpbronne. Ouer-onderwyserverhouding. Onderwyser-hoofverhouding en onderwyser-beheerliggaamverhouding.

MODERERING

MDR 240

Grondbeginsels van moderering. Moderering in die proses van Uitkomsgerigte Onderwys. Toepassing van moderering in die praktyk. Terugvoer aan leerders. Her-assessering, verifiëring en moderering as kringloop. Kwaliteitsversekering. Rekordhouding.

ONDERWYSREG

OWR 120

Basiese wetgewing wat die onderwys in Suid-Afrika beïnvloed: SA Grondwet; die Skolewet; die Wet op Hoër Onderwys. Tuisonderwys. Interpretasie van wetgewing. Waar en hoe om hulp te bekom. Regsprosedures en ligitasie.

OPVOEDKUNDE I

OPK 110 - GENERIES

Fundamentele pedagogiek. Teoretiese indeling van Opvoedkunde. Eerstehulp. Leesonderrig, Godsdiensonderrig, menslike wetenskappe, natuurwetenskappe, lewensoriëntering, tegnologie. Spraak en kommunikasie. Skrif en bord. Aanbiedingsmetodes.

OPK 120 - GENERIES
Klaspraktyk en onderrigpraktyk. Skrif en bord. Aanbiedingsmetodes met betrekking tot vakspesifieke onderrig.

OPVOEDKUNDE II

OPK 231 - VROEË KINDERONTWIKKELING

Gesondheid in klein kinderontwikkeling. Kunsvlyt en handwerk - ontwikkeling van kinderkuns; metodes, materiaal, media; kunskurrikulum; assessering; klaspraktyk. Omgewingsleer. Die aanvangsjaar in die skool.

OPK 241 - VROEË KINDERONTWIKKELING
Musiek en bewegingsaktiwiteit - breinontwikkeling; musiek kurrikulum; beplanning en aanbieding. Kinderliteratuur. Spel as instrument van leer; fasilitering van spel; identifikasie van abnormale speelpatroon en trauma; speelterapie.

OPVOEDKUNDE III

OPK 311 - VROEË KINDERONTWIKKELING

Spesiale onderrigbehoeftes. Godsdiensonderrig. Sosiale onderrig. Lees, skryf en spel in die eerste taal. Skrif en bord. Identifisering van mishandeling en kind-trauma.

OPK 321 - VROEË KINDERONTWIKKELING
Bestuur van kleuterskole en instansies vir vroeë kinderontwikkeling. Gesondheid van vroeë kinders. Lees, skryf en spel in die tweede taal. Buitespel: beplanning van 'n veilige, stimulerende omgewing.

OPK 331 - VROEË KINDERONTWIKKELING
Wiskunde-onderrig. Wetenskap en tegnologie. Rekenaaronderrig. Spesiale onderrigbehoeftes. Fisieke onderrig en sportafrigting - vrye spel; emosionele ontwikkeling en waaghouding; vaardighede; fisieke ontwikkeling; oop einde aktiwiteite; positiewe verwagtinge aktiwiteite; gebruik van apparaat; assessering.

OPK 341 - VROEË KINDERONTWIKKELING
Skoolgereedheid. Filosofie en probleme. Assessering en toetsing - die verandering van observasie en evaluasie na assessering. Bronne van inligting. Ontwikkelingsfases en assessering; die individuele leerder.

OPVOEDKUNDE II

OPK 231 - JUNIOR PRIMÊR

Rekenaargeletterdheid - rekenaarbeginsels; rekenaarvaardigheid. Akademiese vakke. Omgewingsopvoeding.

OPK 241 - JUNIOR PRIMÊR
Fundamentele wiskundige geletterdheid. Navorsingsmetodologie. Onderrigpraktyk. LSEN (spesiale onderwysbehoeftes).

OPVOEDKUNDE III
OPK 311 - JUNIOR PRIMÊR

Godsdiensonderrig. Eerstehulp. Menslike wetenskappe. Ekonomiese wetenskappe.

OPK 321 - JUNIOR PRIMÊR
Wiskunde. Wetenskap. Kuns, kultuur en drama - kunswaardering; kunste opvoeding.

OPK 331 - JUNIOR PRIMÊR
Skrif en bord. Spraak en kommunikasie. Lewensoriëntering. Basiese tegnologie. Leesonderrig.

OPK 341 - JUNIOR PRIMÊR
Tegnologie. Musiek - musiekopvoeding; musiekbeluistering; sangleiding; ritmiek. Assessering.

OPVOEDKUNDE II

OPK 231 - SENIOR PRIMÊR

Kinderontwikkeling. Die lerende kind. Teoretiese raamwerk in opvoedkunde. Algemene onderrigmetodes en klaskamerbestuur. Voorligting, berading, ontwikkeling van lewensvaardighede. Skoolvakke.

OPK 241 - SENIOR PRIMêR
'n Wetenskapvak. Eerste en tweede taalonderrig. Kuns en kultuur.

OPVOEDKUNDE III

OPK 311 - SENIOR PRIMÊR

Godsdiensonderrig. Wiskunde en wiskunde-onderrig.

OPK 321 - SENIOR PRIMÊR
Natuurwetenskaponderrig. Tegnologie-onderwys. Spraak en kommunikasie.

OPK 331 - SENIOR PRIMÊR
Liggaamlike opvoeding en sportafrigting. Basiese eerstehulp.

OPK 341 - SENIOR PRIMÊR
Skoolvakke. Ekonomiese geletterdheid en entrepreneurskap.

OPVOEDKUNDE II

OPK 231 - JUNIOR SEKONDÊR

Taal. Rekenaargeletterdheid. Akademiese leerproses.

OPK 241 - JUNIOR SEKONDÊR
Navorsingsmetodologie. Praktiese opvoedkunde. Godsdiensonderrig.

OPVOEDKUNDE III

OPK 311 - JUNIOR SEKONDÊR

Omgewingstudies. Basiese tegnologie. Eerstehulp.

OPK 321 - JUNIOR SEKONDÊR
Menslike wetenskappe. Wiskunde. Spraak en kommunikasie.

OPK 331 - JUNIOR SEKONDÊR
Kuns, kultuur en drama. Skoolvakke. Berading en begeleiding.

OPK 341 - JUNIOR SEKONDÊR
Lewensoriëntering. Ontwerp en tegnologie. Skoolvakke. Menslike bewegingskunde.

OPVOEDKUNDE II

OPK 231 - SENIOR SEKONDÊR

Navorsingsmetodologie. Menslike bewegingskunde.

OPK 241 - SENIOR SEKONDÊR
Taal. Rekenaargeletterdheid. Akademiese leerproses.

OPK 311 - SENIOR SEKONDÊR
Eerstehulp. Berading en begeleiding. Godsdiensonderrig.

OPVOEDKUNDE III

OPK 321 - SENIOR SEKONDÊR

Remediërende opvoedkunde - ondersteuning van spesiale onderwysbehoeftes; leerprobleme.

OPK 331 - SENIOR SEKONDÊR
Sportbestuur. Rekenaargebruik. Leesvaardighede. Praktiese opvoedkunde.

OPK 341 - SENIOR SEKONDÊR
Assessering van skoolvakke. Omgewingsleer. Kuns en kunswaardering.

PRAKTIESE PROEFONDERWYS

PPO 100

Praktyk-gerigte onderwys met klem op aanbieding- en assesseringsmetodes, nasientegnieke, opstel van vraestelle, klaskamerbestuur en administratiewe funksionering vanuit die Calvinistiese grondslag en oogmerk.

PPO 200
Verdere uitbreiding op PPO100 met klem op onafhanklike funksionering en verbetering van leemtes en areas vir verdere ontwikkeling soos deur die assessering van PPO100 uitgewys.

REKENAARGELETTERDHEID

RKG110

Rekenaars en rekenaarprogrammatuur. Inleiding tot inligtingstegnologie. Rekenaarstelsels. Bedryfstelsels. WINDOWS en LINUX-bedryfstelsels. Programmatuurpakkette. Woordverwerking. StarOffice en MSWord. Sigbladgebruik. StarOffice en MSExcel. Databasisse. StarOffice en MSAccess. Grafiese voorstelling en aanbieding. StarOffice en MSPowerPoint. Netwerke. Internet. Soektogte en soekmasjiene. E-pos.

UITKOMSGERIGTE ONDERWYS

UGO 120

Beginsels van Uitkomsgerigte Onderwys (UGO), toepaslikheid en toepassing in die praktyk van leerder-ontwikkeling. Beplanning en voorbereiding in UGO. Verdeling van vakinhoude in bevoegdheideenhede. Meting, toetsing en uitkomste. Vergelyking van die model teenoor konvensionele onderwysmodelle. Praktiese toepassing van UGO.

VAKDIDAKTIEK - AARDRYKSKUNDE

VHAD 211, VBAD 231, VHAD 221 & VBAD 241

Skoling in Vakdidaktiek Aardrykskunde. Onderrig in aanbieding van Aardrykskunde tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - AFRIKAANS

VHAF 211 & VBAF 231

Skoling in Vakdidaktiek Afrikaans: Leerplanontwerp en lesontwerp. Stelwerkonderrigstrategie, leesonderrigstrategie, taalkunde-onderrigstrategie, letterkundeonderrigstrategie. Praktiese Afrikaansonderrig.

VHAF 221 & VBAF 241
Voortsetting van skoling in Vakdidaktiek Afrikaans: Stelwerkonderrigstrategie, leesonderrigstrategie, taalkunde-onderrigstrategie, letterkunde-onderrigstrategie. Praktiese Afrikaansonderrig.

VAKDIDAKTIEK - BEDRYFSEKONOMIE

VHBE 211, VBBE 231, VHBE 221 & VBBE 241

Skoling in Vakdidaktiek Bedryfsekonomie. Onderrig in aanbieding van Bedryfsekonomie tot op senior sekondÊre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - BIOLOGIE

VHBI 211, VBBI 231, VHBI 221 & VBBI 241

Skoling in Vakdidaktiek Biologie. Onderrig in aanbieding van Biologie tot op senior sekondëre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - DUITS

VHDT 211, VBDT 231, VHDT 221 & VBDT 241

Skoling in Vakdidaktiek Duits. Onderrig in aanbieding van Duits as derde taal tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - ENGELS

VHEN 211 & VBEN 231

A course in reading, writing and language. Emphasis on developing communication skills and spoken word presenting a relevant study of English language skills through literary extracts and creative exercises. Training in the subject didactics of English. Class practicals.

VHEN 221 & VBEN 241
Designing of curricula and lessons. Didactics of teaching creative and functional writing; techniques for teaching grammar; appreciation of prose and poetry. Class practicals.

VAKDIDAKTIEK - NATUUR- EN SKEIKUNDE

VHNS 211, VBNS 231, VHNS 221 & VBNS 241

Skoling in Vakdidaktiek Chemie en Fisika. Onderrig in aanbieding van Chemie en Fisika tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - REKENAARSTUDIE

VHRS 211, VBRS 231, VHRS 221 & VBRS 241

Skoling in Vakdidaktiek Rekenaarstudie. Onderrig in aanbieding van Rekenaarstudie tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - REKENAARTIK

VHRT 211, VBRT 231, VHRT 221 & VBRT 241

Skoling in Vakdidaktiek Rekenaartik. Onderrig in aanbieding van Rekenaartik tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - REKENINGKUNDE

VHRK 211, VBRK 231, VHRK 221 & VBRK 241

Skoling in Vakdidaktiek Rekeningkunde. Onderrig in aanbieding van Rekeningkunde tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - TEGNIESE TEKENINGE

VHTT211, VBTT 231, VHTT 221 & VBTT 241

Skoling in Vakdidaktiek Tegniese Tekeninge. Onderrig in aanbieding van Tegniese Tekeninge tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

VAKDIDAKTIEK - WISKUNDE

VHWI 211, VBWI 231, VHWI 221 & VBWI 241

Skoling in Vakdidaktiek Wiskunde. Onderrig in aanbieding van Wiskunde tot op senior sekondêre vlak. Lesontwerp. Lesindeling. Praktiese opleiding (proefonderwys).

FAKULTEIT EKONOMIE EN BESTUUR

BEDRYFSEKONOMIE

BEK 110

Inleiding en Vakomskrywing. Die mens as saamvoeger en koördineerder van produksiemiddele. Bedryfsleierskap as praktiese uitvoering van die mens se rentmeesterskap. Rentmeesterskap, bestuur en ondernemerskap. Optimale benutting van produksiemiddele as gawes van God in die skepping en aan bepaalde volke en gemeenskappe. Gemeenskaps- en volksgerigte ondernemerskap. Verantwoordelike en verantwoordbare aanwending van produksiemiddele. Skaarsheid uit Christelike oogpunt.

BEK 120
Inleiding tot bestuurswese. Die mens se bedryfs- en bestuursoptrede. Doelmatigheid. Ekonomiteitsbeginsel. Winsstrewe. Ondernemerskap. Vereistes. Onderneming en omgewing. Ondernemingsbestuur as tegniek. Bestuurstake. Algemene en strategiese bestuur.

BEK 130
Bestuursfunksies. Menslike hulpbronne. Finansiering. Aankope. Produksie. Bemarking. Openbare betrekkinge. Bestuurstake in funksionele bestuur. Koördinering tot doeltreffende samehang. Vraagstukke: Produktiwiteit. Arbeid en arbeidsetiek. Klein- en middelslagondernemings. Internasionalisering. Globalisme. Take: Struktuur en probleme van die Suid-Afrikaanse arbeidsopset.

BEK 210
Ondernemerskap en Rentmeesterskap. Bedryfsekonomie wetenskap in eie reg. Taak en bestek. Regstreekse bestuur van beskikbare hulpbronne. Etiek en maatskaplike verantwoordelikheid uit Christelike oogpunt. Begripsmatige ontwikkeling. Verhouding met ander (ekonomiese) wetenskappe. Hedendaagse neigings. Onderneming en bedryf. Van huisonderneming tot globale onderneming. Onpersoonlikheid van grootondernemings. Aard en taak van ondernemerskap.

BEK 220
Algemene Bestuur. Skeiding tussen ondernemerstaak en bestuurstaak. Bedryfsleierskap en bedryfsleiding. Wesens-besluite. Oprigting en vestiging. Grootte. Vorm. Konsentrasie. Kombinasie. Internasionalisering. Globalisering. Algemene bestuur en koördinering. Ontwikkeling van bestuursdenke. Verantwoordelikhede na binne en buite. Omgewingsverkenning. Strategiese beplanning. Aspekte van Christelik-volkseie ondernemerskap.

BEK 230
Bemarkingsbestuur: Bemarking en verkope. Verskillende benaderings. Bemarkingsfunksies. Bemarkingsinstrumente. Hulpfunksies. Risikohantering. Versrpreidingskanale van produsent na koper. Soorte goedere. Bemarkingskoste en -doeltreffendheid. Take: Bemarking van landbouprodukte in Suid-Afrika (in samewerking met die Landboubedryf).

BEK 240
Aankoopbestuur: Doelwitte en take. Operasionele vloei. Vloei van aankope, produksie en verkope. Gehalte, pryse en koste. Toevoer en bronne. Voorraad. Omvang, berging, leeftyd, instandhouding, toeganklikheid, toepaslikheid, aanpasbaarheid, oorskotte en tekorte. Afvoer na produksie. Ontwerp van 'n aankoopsbeleid vir 'n middelslagonderneming.

BEK 310
Menslike Hulpbronbestuur: Menslike insette en welvaart. Aktiveerder van ander hulpbronne. Christelike etiek van menslike hulpbronbenutting. Christelike werkgewers- en werknemersetiek. Christelike benadering van werkgewers- en werknemersorganisasie (vakbonde en bedryfsverenigings. Motivering van werknemer en werkgewer. Maslowskema omgekeer deur roepingsgedagte. Menslike hulpbronbestuur, koste en ondernemingsukses. Samestelling van menslikehulpbronbehoeftes. Affirmative action en ander sake. Werwing, daarstelling en instandhouding van menslike hulpbronkorps. Aanbod en beskikbaarheid. Vergoedingsbeleid. Sosiale sorg en sekerheid. Werknemerontwikkeling. Tugbeleid. Wetlike aspekte. Werknemersorganisasie en arbeidsverhoudinge. Tegniek, tegnologie en menslike hulpbronne.Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark - aanbod, behoeftes en aanvraag. Arbeidswetgewing, ondernemerskap en "werkskepping".

BEK 320
Operasionele bestuur: Doelwitte en take. Klein- en grootonderneming. Massaproduksie. Kosteoorwegings. Tegniek en tegnologie. Meganisering en outomatisering. Produkvloei, aankoops- en bemarkingsvloei. Produkbeplanning. Materiaalbestuur. Aanvoer van benodigdhede en afvoer van produkte. Gehaltebeheer. Produktiwiteit. Vastekapasiteits-beplanning. Vestigingsplek. Optimale groottebepaling in samehang met besluitneming oor produksiemetode. Uitleg van aanleg. Spesifikasie van toerusting. Uitlegbenaderings en -modelle. Beweging van produkte in produksieproses. Vervoer intern en ekstern. Instandhouding van operasionele opset. Metodes en tegnieke vir produksie/operasionele bestuur. Bedryfsbesoeke, waarneming en beskrywing van operasionele aanlegte en uitlegte met inagneming van die voorgaande.

BEK 330
Staat en bedryf. Staat, owerheid, regering vanuit Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing. Owerheid as ordeskepper en ordebewaarder: Oorsaak en doel (Rom 13, I Tim 2:1-8, Art 36 NGB). Staat, owerheid, regering. Taak en rol ten opsigte van bedryfslewe in vrye ondernemerskapsomgewing. Regstreekse deelname aan bedryfslewe. Staatsondernemings met winsbejag (openbare korporasies) en sonder winsbejag (algemene diensverlening). Ondernemings buite staatsbegroting. Subsidiëring. Wetgewing en regspleging. Beïnvloeding en dwang. Ingryping. Beleidsvasstelling. Algemene beleid. In en uitvoerbeleid. Beskerming. Belasting. Monetêre beleid. Vestigingsbeleid. Groei en ontwikkeling. Diversifiëring. Navorsing. Opleiding. Infrastruktuur. Uitvoerbevordering.

BEK 340
Arbeisdorganisasie. Arbeidswetgewing. Vakbonde. Werknemersorganisasies. Belangebevordering. Werkgewers- en werknemersorganisasies uit Christelike oogpunt. Algemene en bedryfstakgerigte organisasies. Spesialisering. Uiteenlopende en botsende belange. Verhouding met staat, ander bedryfstrukture, arbeidstrukture. Verhouding met ander strukture. Samewerkende strukture. Werknemersorganisasie/vakbondwese. Verhouding tot staat en werkgewerstrukture. Samewerking met ander strukture. Wetgewing. Stakings. Onderhandelingsmeganismes. Christelike werkgewers- en werknemersorganisasie - saam tot roepingsvervulling.

EKONOMIE

EKN 110

Inleiding en Vakomskrywing. Mikro- en makro-ekonomie. Aggregasie. Rentmeesterskap en verantwoordelikheid mikro en makro. Ekonomiese stelsel/struktuur/model. Suid-Afrikaanse ekonomiese stelsel. Beskrywing van Suid-Afrikaanse ekonomie. Rolspelers. Beskikbaarheid, aanwending en toedeling van produksiefaktore. Geld- en bankwese. Samehang van stelsel.

EKN 120
Mikroekonomie. Verbruikersgedrag. Christelike etiek van verbruikersgedrag. Behoeftes en behoeftebevrediging. Die gebed van die Here Jesus, veral die vierde bede (Matt 6, I Tim 6:6-10). Die mens se rentmeestersroeping en verantwoordelikheid ten opsigte van aanwending van middele (Spr 31). Dankbaarheidsleer (offers van die eerstelinge in Levitikus; Hand 4:32-37). Barmhartigheidsdiens (II Kor 8, 9; Gal 6:10, Huweliksformulier). Produsentegedrag. Produksiefaktore en produksiemiddele. Kombinering van produksiemiddele tot sinvolle en nuttige goedere en dienste. Christelike etiek van produsentegedrag. Die mens se rentmeestersroeping. Nut en waarde. Optimale aanwending van produksiemiddele uit Bybelse oogpunt. Bewaring. Faktorpryse. Winsmotief. Dankbaarheidsleer. Prysteorie. Vraag en aanbod. Strewe na optimering. Nut en waarde. Totale, gemiddelde, marginale nut. Onverskilligheidsteorie. Totale, gemiddelde, marginale koste. Isokwantontleding. Faktorpryse. Winsmotief. Aanbodpryse. Markteorie. Markbegrippe. Vraag- en aanbodkrommes. Markewewig. Verskuiwing langs en van krommes. Markvorme.

EKN 130
Makro-ekonomie. Omskrywing. Ex post en ex ante. Aggregasieprobleem. Van mikro-ekonomiese rentmeesterskap tot makro-ekonomiese resultant. Gemeenskaps- en gemeenskaplike verantwoordelikheid en rentmeesterskap. Makro-ekonomiese Christelike etiek. Verantwoordelikheid van owerheidsektor volgens Art 36 NGB. Analise. Eenvoudige model C+I+G+(X-M) = Y = C+S+T+(X-M). Vermenigvuldiger en versneller. Ewewig. Groei en ontwikkeling. Geld en rentekoerse. IS-LM-model. Indiensname. Inflasie. Konjunktuur. Lorenzkromme en Ginikoöffisiënt. Rol van buiteland. Inleiding tot ekonomiese beleid. Take: (1) Ontleding van die Suid-Afrikaanse ekonomie deur toepassing van bogenoemde. (2) Inflasie, indiensname of werkverskaffing en ander begrippe.

EKN 210
Inleiding tot Geld- en Bankwese. Rol in die ekonomie. Beskrywing van Suid-Afrikaanse geld- en bankwese. Banke en finansiële instellings. Beleggings- en investeringsbemiddelaars. Ander rolspelers. Geld- en kapitaalmark. Monetêre beleid. Take: Teorie en toepassing in Suid-Afrika: Klasbesoek: Reserwebank.

EKN 220
Inleiding tot Owerheidsfinansies. Omskrywing van "owerheid". Uitgawes en besteding. Lopende en kapitaalbesteding. Finansiering. Inkomste en lenings. Lopende en kapitaalinkomste. Versoening met tipe besteding. Finansiële beplanning en begroting en implikasies. Begroting as beleidsinstrument. Inkomstebronne. Bestedingsentrum. Belastingdoelwitte. Soorte belasting. Trefkrag en druk. Lenings en leningskoste. Oorbesteding. Take: (1) Ontleding en evaluering van vorige Staatsbegrotings teen doelwitte. (2) Diepte-ontleding van nuutste Staatsbegroting. (3) Owerheidsfinansies op tweede- en derdevlak.

EKN 230
Groei en ontwikkeling. Ontplooiing van hulpbronne. Navorsing en tegnologie. Welvaart en welsyn Welvaartsbevordering. Welvaartspreiding. Beleidsinstrumente.

EKN 240
Inleiding tot beleid en welvaart. Omskrywing. Owerheid as ordeskepper en ordebewaarder sodat elke mens sy roeping na behore kan nakom (Rom 13, I Tim 2:1-8, Art 36 NGB). Verantwoorde beplanning (Jak 4:13-17) in geloof (Heb 11). Christelike etiek, besonderlik die eer van God (Ps 24, Ps 150) die Tien Gebooie (Ex 20, Matt 22:34-40) en begin en einde van alle dinge (Rom 11:33-36, Openb 22:13). Doelwitte en mikpunte. Stabilisering. Strukturering. Ekonomiese en algemene welvaart. Menswaardigheid. Rykdom. Behoeftebevrediging. Vryemark- en sentraalbeheerde stelsel. Menswaardigheid en gewetensvryheid as norme. Welvaart en vryheid. Welvaart en gemeenskap. Geregtigheid en reg. Rol van staat ten opsigte van geregtigheid en gemeenskap.

EKN 250
ALGEMENE EKONOMIESE GESKIEDENIS.

Omskrywing en afbakening. Belangrikheid en nut van geskiedenis en ekonomiese geskiedenis binne die raamwerk van die heilsgeskiedenis (Vyfde Gebod, Deut 6). Voorgeskiedenis. Ekonomiese geskiedenis van Europa tot 1600. Middeleeue. Kruistogte. Marco Polo en die Venesiese handelsgeskiedenis. Bevryding van wetenskap en tegniek. Herontdekking van die Romeinse boukuns van paaie en brûe. Die Renaissance. Die Kerkhervorming van Luther tot Calvyn. Die bevryding van die mens tot geroepenheid. Ontdekkingsreise. Tegniek en tegnologie. Algemene ekonomiese geskiedenis sedert 1600. Voorgeskiedenis. Europese ontdekkingsreise. Handelsuitbreiding. Engelse nywerheidsomwenteling in die 18e eeu. Ontwikkeling van Frankryk en Duitsland as nywerheidslande. Nederland as handelsland. Amerika, Afrika, Asië vanaf 17e eeu. Opkoms van die VSA. Opkoms van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland. Ekonomiese imperialisme. Britse strewe na hegemonie. Ontdekking van groot neerslae goud, steenkool, ruolie, metale en minerale. Britse imperialisme. Die Boererepublieke. Opkoms van nuwe nywerheidslande. Japan. Eerste Wêreldoorlog. Goudstandaard. Groot Depressie. Amerikaans-Britse hegemonie. Massavervaardiging. Opkoms van Rusland en herrysing van Duitsland. Ontwikkeling van vervoer. Tweede Wêreldoorlog. Amerikaansgeleide geldimperialisme. Herrysing van Duitsland en Japan. Europese eenwording. Japan, Verre-Ooste, Amerika Noord en Suid, Afrika. Elektroniese rewolusie. Globalisering. Take: Verskillende aspekte van die ontwikkeling van Suid- en Suider-Afrika binne die wêreldraamwerk.

EKN 260
Suid-Afrikaanse Ekonomiese geskiedenis. Doel: Toetsing aan die kultuuropdrag van die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika. Roepingsvervulling deur die Afrikanervolk op ekonomiese gebied. Die dryfkrag van Afrikanerskap en Afrikanernasionalisme vanaf die Vryburgers tot die weerstand teen die geldmag veral na 1966. Inhoud: Ontstaansgeskiedenis. Vroeë geskiedenis na 1652. Vryburgerskap begin van eie ekonomiese denke van saamhorige selfstandigheid. Hugenote se bydrae. Veeteelt met nuwe skaap- en beesrasse. Einde van Kompanjietydperk en begin van vrye handel. Ooswaartse uitbreiding. Boerderyvestiging en -bestendiging tot omstreeks 1860. Die Groot Trek en oopstelling van en ekonomiese vooruitgang in die binneland. Begin en ontwikkeling van die Landbou-Mynboutydperk 1860-1915. Britse imperialisme teenoor Afrikaner-volksekonomie. Ekonomiese geskiedenis en beleid van die ZAR en die OVS tot 1900. Mynbouontwikkeling en markgerigte produksie. Koms van die spoorweg en telegraaf. Die tyd van stryd om vryheid 1877-1902. Uitwerking van die verwoeste aardebeleid van Kitchener en Milner. Landbou-mynbou-nywerheid 1915-1945. Eerste Wêreldoorlog en eerste wesenlike fabriekswese. Imperialisme teenoor Afrikanernasionalisme. Arbeidsonrus na 1920. die Paktregering 1924. Begin van eie ekonomiese beleid met YSKOR. Loslaat van die Goudstandaard en die Groot Depressie. Politieke onbestendigheid. Tweede Wêreldoorlog en bestendiging van nywerheidsontwikkeling. Verswakking van Britse imperialisme. Afrikanerregering in 1948. Politieke onafhanklikheid en ekonomiese selfstandigheid. Van bankrotskap tot welvarendheid 1948-1966. Landbou-mynbou-nywerheid-dienste. Beïnvloeding deur wêreldgebeure. Die Goue Dekade 1956-1966. Afsonderlike ontwikkeling as groeimodel. Moord op dr H F Verwoerd en onderwerping aan geldmag. Ekonomiese onbestendigheid 1970-1994. Ekonomiese verval na 1994.

EKN 310
Internasionale handel. Oorsake, voordele, nadele. Ontwikkeling van teorie. Vervoer en verkeer. Owerheidsinmenging. Internasionale geld- en bankwese. Wisselkoerse. Goudstandaard. Swewende wisselkoerse. Elektroniese verkeer. Kapitaalbeweging. Handelsbalans en betalingsbalans. Verband met binnelandse ekonomie.

EKN 320
Internasionale ekonomiese betrekkinge. Bilaterale en multilaterale ooreenkomste. Algemene en besondere ooreenkomste. Neiging tot vaste strukture. Bretton Woods en die IMF. Nuutste neigings. Internasionalisme, multinasionalisme, globalisering. Blokvorming en streekshandel: Die Europese Unie as uitvoerige voorbeeld; Afrika; Noord-Amerika; Sentraal- en Suid-Amerika; Asië. Voorwaardes vir slaag. Internasionale organisasies en liggame: IMF, Internasionale Bank, Wêreldhandelsorganisasie, Algemene Ooreenkoms oor Tariewe en Handel. Take: (1) Diepte-ontleding van Suid-Afrika se handels- en betalingsbalans. (2) Suid-Afrika se internasionale handelsbetrekkinge. (3) Blokvorming in Afrika en Suider-Afrika.

EKN330
Gevorderde Groei- en Ontwikkelingsteorie. Geroepenheid tot groei en ontwikkeling. Beskikbaarheid van produksiemiddele. Kernrol van die mens. Geloof, idealisme en vooruitgang. Gunstige faktore en hindernisse. Ontwikkeling en sosiokulturele toestande. Verskil tussen groei en ontwikkeling. Meting. Internasionale vergelyking. Bevolking. Welvaartspreiding. Teoretiese en statistiese modelle. Aanwending en toewysing van produksiemiddele. Rol van owerheid en privaatsektor. Groei- en ontwikkelingsbeleid. Tegniek en tegnologie. Kapitaal-arbeidverhouding. Organisasie en grootte van ekonomie. Streeksontwikkeling. Sektorale konsentrasie en diversifiëring. Beplanning en beleid. Buitelandse kapitaal en kundigheid. Globalisering.

EKN 340
Ekonomiese Ontwikkeling van Suid-Afrika.


EKN 350
Ekonomiese denke en Rentmeesterskap ("Wirtschaft")

Vakomskrywing. Die mens as beelddraer van God in ware geregtigheid, heiligheid en kennis (Gen 1 en 2). Sy roeping om die aarde te onderwerp, daaroor te heers, dit te bewerk en te bewaak: Die kultuuropdrag (Gen 1 en 2). Die sondeval en die vervloeking van die aarde om die mens se ontwil (Gen 3). Die skaarsheidsgedagte Christelik beskou (Ps 24, Matt 6). Die mens se stryd om lewensbestaan (II Thess 3:10). Kennis van goed en kwaad. Ekonomiese wette in die Ou Testament. Die Tien Gebooie en die mens se ekonomiese optrede. Babel en Babilon. Die verlossingswerk van die Here Jesus Christus en die stryd om lewensbestaan (Matt 6). God of Mammon. Val van Babilon as Mammonvesting. Die voleinding (Openb 20-22). Geroepenheid en die struktuur van die ekonomiese teorie: Eers produksie, dan verbruik. Sosiale geregtigheid. Welvaart as ekonomiese begrip. Welvaart teenoor welsyn. Omskrywing van die ekonomiese wetenskappe. Ekonomie as die grondwetenskap wat met die mens se optrede handel. Bedryfsekonomie as die wetenskap van ondernemerskap en bestuur. Rekeningkunde as die wetenskap van verantwoording. Statistiek as die wetenskap van kennisversameling, kennisverwerking en kennistoepassing. Die onderlinge aanvullendheid en verweefdheid van begrip en denke. Christelike ekonomie en Christelik-ekonomiese etiek: Natuurlike verdorwenheid van die mens; wedergeboorte (HK Sondag 2 tot 4). Taak van die owerheid (NGB Art 36 en aangehaalde Skrifpekke). Staat, owerheid en regering. Staat en kerk. Staat en lidmaat/persoon. Bevoegdhede en begrensinge van die owerheid volgens Deut 6, Rom 13 en elders. Christelike ekonomiese denke. Calvyn. Die Nederlandse Gereformeerde Skool. Van enkelduidige roepingsgedagte (Diepenhorst, Nederbracht, Van Riessen) tot sosiale geregtigheid en menslike welvaart (Van der Kooy, VU). Amerikaanse nomisme. Ontwikkeling van die ekonomiese denke vanuit Christelike perspektief. Verband met algemene omstandighede, met ekonomiese veranderinge, met staatkundige ontwikkelinge. Verband met algemene denkstrome. Voorgeskiedenis tot met Middeleeue. Renaissance. Merkantilisme. Fisiokratiese Skool. Klassieke denke. Van laissez-faire tot staatsosialisme. Sosialisme, revisionisme en anargisme. Imperialisme en neomerkantilisme. Nasionalisme en nasionaalsosialisme. Welvaartsdenke. Neo-imperialisme, internasionalisme, globalisme. Take: (1) Christelike ekonomiese denke by die Reformatore en besonderlik Calvyn. (2) Christelike ekonomiese denke: Nederlandse Antirewolusionêre Skool 1860-tans. (3) Christelik-sosiale Denke ná 1920. (4) Amerikaanse Christelike Rekonstruksie en Dominionale Christelike ekonomiese denke.

EKN 360
Rentmeesterskap en Roepingsvervulling.
Omvattendheid van die begrip vir alle volke en elke volk. Geroepenheid van volke tot beheersing, bewerking en bewaking van hulle lande wat hulle van Godsweë toebedeel is. Binding tussen land en volk. Verantwoordelike roepingsvervulling deur 'n volk. Regverdigheid en geregtigheid. Sonde van imperialisme. Geroepenheid tot sending om alle volke tot roepingsgehoorsaamheid te bring. Christelike perspektief. Geroepenheid van die Afrikanervolk. Roepingsbeoefening en ondernemerskap. Die mens as saamvoeger en koördineerder van produksiemiddele. Menslike insette en welvaart. Aktiveerder van ander hulpbronne. Christelike etiek van menslike hulpbronbenutting. Christelike werkgewers- en werknemersetiek. Christelike benadering van werkgewers- en werknemersorganisasie. Vakbonde en bedryfsverenigings. Motivering van werknemer en werkgewer. Maslowskema teenoor roeping. Menslike hulpbronbestuur, koste en ondernemingsukses. Bedryfsleierskap as praktiese uitvoering van die mens se rentmeesterskap. Rentmeesterskap, bestuur en ondernemerskap. Optimale benutting van produksiemiddele as gawes van God in die skepping en aan bepaalde volke en gemeenskappe. Gemeenskaps- en volksgerigte ondernemerskap. Verantwoordelike en verantwoordbare aanwending van produksiemiddele. Skaarsheid uit Christelike oogpunt. Die mens se bedryfs- en bestuursoptrede. Doelmatigheid. Ekonomiteitsbeginsel. Winsstrewe. Ondernemerskap. Vereistes. Onderneming en omgewing. Ondernemingsbestuur as tegniek. Bestuurstake. Algemene en strategiese bestuur. Ondernemerskap en roepingsbeoefening in die onderneming van huisvlyt tot die grootonderneming en globalisering. Staat, owerheid, regering vanuit Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing. Owerheid as ordeskepper en ordebewaarder: Oorsaak en doel (Rom 13, I Tim 2:1-8, Art 36 NGB). Staat, owerheid, regering. Taak en rol ten opsigte van bedryfslewe in vrye ondernemerskapsomgewing. Werkgewers- en werknemersorganisasies uit Christelike oogpunt.

REKENAARVAARDIGHEID
RKV 110

Rekenaars en rekenaarprogrammatuur. Inleiding tot inligtingstegnologie. Rekenaarstelsels. Bedryfstelsels. WINDOWS en LINUX-bedryfstelsels. Programmatuurpakkette. StarOffice en MSOffice. Woordverwerking. StarOffice en MSWord. Sigbladgebruik. StarOffice en MSExcel. Databasisse. StarOffice en MSAccess. Grafiese voorstelling en aanbieding. StarOffice en MSPowerPoint. Netwerke. Internet. Soektogte en soekmasjiene. E-pos.

RKV 120
Inligtingstegnologie.

REKENINGKUNDE
REK100

Neerskryf, ordening, vaslegging, ontleding en beoordeling van die wyse waarop die mens sy rentmeesterskap nakom. Bestudeer behoefte van elkeen van die genoemde take en ontwerp maniere waarop daardie take ten beste uitgevoer kan word. Verantwoording in boekhou en toesighouding in ouditering terwille van die goeie orde, om die kwaad te voorkom en die goeie naam van mense te beskerm. Calvinisties-lewensbeskoulike etiek en verantwoording. Rekeningkundige begrippe, beginsels en prosedures. Grondbegrippe en beginsels in Rekeningkunde. Versameling en verwerking van rekeningkundige data tot bruikbare inligting. Primêre en sekondêre dokumente. Verskillende boeke. Rekeningkundige verantwoording van inkomste en uitgawes, bedryfsbates en -laste, nie-bedryfsbates en -laste, beleggings en eienaarsbelang in eenmansaak, vennootskap, beslote korporasie en maatskappy. Rekeningkundige verslagdoening volgens aanvaarde en erkende rekeningkundige praktyk met inagneming van wetlike en regsvereistes (soos belastingwetgewing, Maatskappywet): Inkomstestaat, Balansstaat, Kontantvloeistaat, aantekeninge by finansiële state vir 'n oorsig- of verslagtydperk. Verskillende soorte ondernemings met verskillende rekeningkundige behoeftes en vereistes. Ondernemings met en sonder winsbejag; produksie-, dienste- en diensondernemings; maatskappye en nie-maatskappye; beslote korporasies; eenmansake; vennootskappe. Takrekeninge, departementele rekeninge en gesamentlike ondernemings.

REK 200
Interne en eksterne finansiële verslagdoening. Maatskappye en beslote korporasies. Opstel en aanbieding van finansiële state in ooreenstemming met betrokke wetgewing en aanvaarde en erkende rekeningkundige praktyk. Finansiële groepstate: konsolidasies. Vennootskappe. Waardebepaling van belange en sekuriteite. Ontleding en vertolking van finansiële state. Tydwaarde van geld. Koste- en bestuursrekeningkunde. Koste-elemente en kostestelsels. Metodes van kostebepaling en kostetoedeling. Standaardkoste. Finansiële beplanning en die opstel van sakebegrotings. Ontleding van koste, produksievolumes en winsgewendheid. Inleiding tot rekenaartegnieke en netwerkontleding.

REK 300
Professionele eksterne verslagdoening. Aanbieding van finansiële state van maatskappye en groepe in ooreenstemming met die Maatskappywet en aanvaarde en erkende rekeningkundige praktyk. Belastingaspekte word ingesluit. Gevorderde en professionele koste- en bestuursrekeningkunde. Koste-elemente, -stelsels en -metodes van kostebepaling en kostetoedeling. Begrotings. Kostebasisse. Kosteverantwoording en verslagdoening. Optimering: Teorie en verskillende tegnieke. Rekenaargebaseerde kwantitatiewe tegnieke en stelsels. Vraestel 3: Gevorderde en professionele finansiële bestuur, waardasies en finansiering. Finansiële ontleding. Waardasie van meerderheids- en minderheidsbelang in maatskappye en ander ondernemings en sakebelange. Tydwaarde van geld. Besluitneming oor kapitaalbelegging, -investering en -finansiering. Finansiële beplanning. Begrotings.

STATISTIEK
STK 110
Inleiding tot stelselbestuur.
Statistiek en ekonomiese wetenskappe binne die raamwerk van stelselbestuur. Stelselsiklus. Tipes stelsels. Getallestelsels. Stelsels binne hulle interne en eksterne omgewings. Navorsingsbestuur. Beplanning, organisering, evaluering, implementering. Evaluering van implementeringsproses. Oudit van bestuursmodel. Oudit van statistiese data. Databronne. Vraelyste (ontwerp, toetsing). Opnames en onderhoude. Verwerking en statistiese ontleding.

STK 120
Vakomskrywing en vakafbakening van statistiek. Data en inligting. Ekonomiese en verwante statistiek. Ekonometrie en operasionele statistiek. Rol van ekonometrikus en operasionele statistikus. Rekenaar as hulpmiddel vir ekonoom/bedryfsekonoom/navorser/ stelselbestuurder. Navorsingsproses. Begrippe. Steekproefneming. Tabellering en grafiese voorstelling van data. Beskrywende lokaliteitsmaatstawwe. Gemiddeldes. Afwykings. Spreidingsnorme.

STK 210
Inferensiële statistiek. Inleiding tot waarskynlikheidsleer. Stogastiese begrip. Frekwensie en relatiewe frekwensie. Definisie van waarskynlikheid. Waarskynlikheidsbegrensing en -reëls. Waarskynlikheidsmodelle. Stogastiese veranderlikes. Waarskynlikheidsmodelle. Gemiddelde. Standaardafwyking. Binomiaal- en Poissonverdelings. Eksponensiaalverdeling. Normaalverdeling. Steekproefverdelings en steekproefparameters. Sentrake limietstelling. Chi-kwadraat-, t- en F-verdelings. Skatting van populasieparameters. Puntraming en intervalraming. Steekproefgrootte. Hipotesetoetsing. Foute en afwykings.

STK 220
Funksies, relasies en grafiese voorstelling van tweeveranderlike data. Empiriese benadering van relasies. Passing van krommes. Lineêre relasie. Residue. Uitskieters. Nie-lineêre relasies. Linearisering deur transformasie. Eksponensiaal- of groeikromme. Magskromme. Hiperbool. Parabool. Ander groeikrommes. Meerveranderlike data. Belangrikheid van groeikrommes vir makroekonomiese ontleding en navorsing. Tydreeksontleding. Ekonomiese bewegings en skommelinge. Sikliese bewegings. Kleinstekwadratepassing en bewegendegemiddelde. Sikliese funksies. Indekse. Bepaling en vertolking van indekse. Lineêre regressie en korrelasie. Algemene lineêre model.

STK 310
Eksperimentele ontwerp. Variansieontleding. Ewekansige modelle. Ewekansige blokontwerp. Faktoriaalontwerpe. Stogastiese en ander modelle. Gebeurlikheidstabelle. Chi-kwadraat-passingstoets. Onafhanklikheidstoetse. Loglineêre ontleding. Verdelingsvrye metodes. Tweesteekproef- en meersteekproefbenaderings. Ewekansigheid. Rangkorrelasie. Raming van parameters.

STK 320
Scenario-ontleding. PESTAI-model. Vooruitskattingsmodelle. Eenvoudige ekstrapolasie. Stogastiese vooruitskatting. Eksakte vooruitskatting en baanvooruitskatting. Betroubaarheidsgrense. Ekonometriese modelle. Relasiemodelle. Vergelykingsmodelle. Tydreeksmodelle. Skattingsprobleme. Outokorrelasie. Groeimodelle. Produksierelasies. Vraag- en prysontledings. Rekenaars en rekenaarprogrammering. Inleiding tot inligtingstegnologie. Rekenaarstelsels. Bedryfstelsels. Stelselontleding en stelselontwikkeling. Woordverwerking. Programmeertale. Programmatuur. Programmatuurontwikkeling. Programmatuurpakkette. Databasisse en administrasie.

CALVINISTIESE WETENSKAPSLEER

CWL100

Calvinisme en volksverband. Calvinisme in historiese perspektief. Calvinistiese mondering. Student en wetenskaplike studie. Lewensbeskouing en universiteit. Lewensbeskouing en roeping. Calvinisme in sistematiese perspektief. Inleiding tot wysgerige kenteorie, kosmologie en antropologie.

CWL200
Kosmologiese onderskeidinge. Grondslae van kosmologiese modelle. Kenteoretiese grondslae. Grondslae van die wysgerige antropologie. Antropologiese onderskeidinge. Wysgerige vryheidsproblematiek.



Oktober 2005