|
Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys Vereniging Ingelyf kragtens Artikel 21 van die Maatskappywet (Registrasienommer 2001/011539/08)
|

Nuusbrief 3
| KRONOLOGIESE GEBEURE IN 2004 |
| 2 Augustus 2004: Pandor se eerste verwysing na "Curriculum 2005" as "Curriculum 2006" - 'n aanduiding dat implementering uitgestel sal word. Augustus 2004: Die DO voer samesprekings met die verskillende kampusse om studentegetalle en groeipersentasie te beperk deur middel van die departement se finansieringstabel. Onderrig in die kind se huistaal sal vir die eerste 3 skooljare geskied, terwyl hy/sy opgelei word in die gebruik van Engels, sodat dit uiteindelik die enigste voertaal vir onderrig sal wees gedurende die res van sy/haar opleiding. Augustus 2004: Verminderde algemene subsidie aan skole om vanaf 2005 "arm skole" kwyt te skeld van verpligte skoolgelde; met gevolglike vermindering in gesubsidiëerde onderwysersposte (met klem op vorige model C-skole en privaatskole); en Inklusiewe onderwys en gevolglike inname van leerlinge met spesiale behoeftes in hoofstroomskole. 25 Augustus 2004: Pandor spreek haar mening oor seunsskole uit, tydens die konferensie van hoofde van staatseunsskole in Rondebosch. Sy beweer dat baie skole uitstekende akademiese programme aanbied, maar nie divers genoeg is nie en sy reken dus dat hierdie skole hul leerlinge vir Europese omstandighede voorberei, eerder as vir die omstandighede in Suid-Afrika. Sy kondig ook aan dat daar "slegs 20 000" onopgeleide - (en 10 000 gedeeltelik-opgeleide) onderwysers in Suid-Afrika is. 26 Augustus 2004: Pandor kondig ook aan dat sy sterk gaan klem lê op uitvoering van die Nasionale Plan vir Hoër Onderwys (Februarie 2001). Daarvolgens gaan getalle in geesteswetenskappe tot 40%, in Besigheids- en Ekonomiese wetenskappe tot 30% en in Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie tot 'n verdere 30% beperk word. 9 September 2004: Pandor lewer die Julius Nyerere-gedenklesing by die Wes-Kaap Universiteitskampus. Sy stel dit duidelik dat ons Nyerere se benadering moet navolg: opvoeding en opleiding hoef slegs te voldoen aan die standaarde van Afrika. 12 September 2004: Pandor oorhandig die grond aan die Tigerkloof skool, naby Vryburg en verklaar: "The aim of the Bantu Education Act (1954) was to destroy the education that black people enjoyed. The aim was to educate black children only for the labour needs of the apartheid state." 14 September 2004: Pandor tree op by die Cape Times Breakfast club en kondig onder andere aan: "Our gains in higher education have been significant, especially in terms of equity. Statistics indicate that 73% of students are black, just over 50% are women, a participation rate in terms of the populations of 18% has been achieved....." 15 September 2004: Die Adjunk-minister van Onderwys, Surty, maak onder andere die volgende stellings: "From 1999 Minister Asmal continued this assault on the legacies of the previous dispensation - most notably with the streamlining of the higher education landscape..... The South African NQF is a strong framework that has been developed to bring about significant systemic change, mainly to correct the multitude of imbalances that were left by the apartheid system. Although we may agree that the NQF cannot achieve this in isolation from various other government initiatives, the NQF has been chosen by government as the key vehicle through which systemic change will be achieved......" 18 September 2004: Pandor by die opening van Refalletse Laerskool, Orange Farm: "..... Teachers are, next to parents, the most important adult role models in children's lives..". Verder dat hulle daaraan werk om sekere skole van betaling van skoolgelde kwyt te skeld en dat die situasie geskep is waar "township-skole" half leegloop omdat kinders na voormalige model C-skole stroom; maar dat hierdie situasie aandag geniet. 21 September 2004: Pandor by die Ikhwezi Fees, Mount Ayliff: : "Clustering" aangekondig as 'n inisiatief wat in KwaZulu-Natal en Limopo begin is om vooraf-benadeelde skole te help (deur 'ryker' skole te 'dwing' om hulp te verskaf). "Clustering is one of the processes that we encourage in our education management policy framework...." en verder "This must go for the management teams of the schools as well". 30 September 2004: Pandor kondig aan dat die nuwe kurrikulum wat geïmplementeer word die huidige Senior Sertifikaat sal vervang met 'n Verdere Onderwys en Opleidingsertifikaat (Further Education and Training Certificate - FETC). 6 Oktober 2004: Getalle wat matriekeksamens gaan aflê:
Pandor kondig weer by die Nasionale Onderwyserstoekennings aan: "I believe in the power of education to transform our society" en haal selfs die VN se Sekretaris-generaal aan om die standpunt te benadruk. November 2004: Die matriekeindeksamen / Graad 12-staatseksamen word geskryf te midde van groot kritiek oor veral die kwaliteit en taalgebruik in die Afrikaanse vraestelle. Die Bedryfsekonomie-vraestel in Limpopo het byvoorbeeld 56 foute in 13 bladsye bevat. Dit blyk dus dat die standaarde in die skoolonderwys onteenseglik verlaag is. 2 November 2004: Die omstrede "Education Laws Amendment Bill" word aangekondig, waarvolgens die rol van die Beheerliggame van skole afgewater gaan word om selfs nie meer werklike invloed op die aanstelling van onderwysers te hë nie. 3 November 2004: Die vereniging vir private verskaffers van onderwys en opleiding (APPEDT) wys die regering openlik in die teenstrydighede tussen wetgewing en die toepassing daarvan en verklaar hulleself bereid om die aangeleentheid in die hof te laat toets.
'n Verslag van 'n navorser, Kerwin Lebone, maak bekend dat 30 000 van die 127 000 lede van die SAPD funksioneel ongeletterd is. Roy Jankielsohn, van die DA, het hierop gereageer: "We would like to see all police recruits with at least a matric. If these recruits have a matric and are still functionally illiterate, then perhaps we need to question our educational system." Pandor herbevestig die regering se erns om Wiskunde en Wetenskap as vakgebiede te bevorder en meer leerlinge aan te moedig om dit te bestudeer. 10 November 2004: Pandor kondig aan dat sy en die Minister van Arbeid eersdaags aanbevelings aan die parlement gaan voorlê vir verandering aan die struktuur en implementering van die NQF. 26 November 2004: Pandor lewer 'n toespraak by die wêreldkonferensie oor onderwys by die Universiteit van Amsterdam en verklaar: "The apartheid schooling system was a brutal instrument of oppression against the intellect and aspirations of South Africa's youth....... In some ways we have only just begun the journey towards the full transformation in our schools. ...........We have revolutionized our curriculum so as to reflect and enforce these constitutional values........ We face a major equity task to ensure that the inequalities of the apartheid system are not reproduced in our new constitutional order...." Ander geskeduleerde samesmeltings vir Januarie 2005 van hoër onderwys:
Die PA vir CVHO se kantore sluit op 15 Desember 2004 en sal DV op 5 Januarie 2005 heropen. Onthou dat inskrywings vir die Nagraadse Onderwysers-afrondingskursus (NOAK) op 21 Januarie 2005 sluit. Doen gerus verdere navraag indien u meer inligting wil bekom. Groete: Namens die direksie en personeel van die PA vir CVHO wens ons u en u familie 'n Geseënde Christusfees en 'n voorspoedige 2005 toe. Ons waardeer die ondersteuning, voorbidding en onderskraging wat ons van alle vriende van die PA ontvang het. Mag 2005 'n vrugtevolle jaar wees waarin Afrikaans en Christelike waardes in die onderwys, op alle vlakke, sal seevier. H D du Plessis Opleidingsbestuurder 8 Desember 2004 |