Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys
Vereniging Ingelyf kragtens Artikel 21 van die Maatskappywet (Registrasienommer 2001/011539/08)


Nuusbrief 1 / September 2004



Die Hoër Hand rig ons optredes en lei ons dikwels op 'n pad wat ons nie noodwendig beplan het nie, omdat ons onwrikbaar glo dat ons optree met die insig wat van Hom kom en dit dan ook daagliks afsmeek. Dit is waar dat diegene wat by die PA betrokke is, maar ook, en veral, van ons optredes binne die roeping tot die saak van die PA.
 
1. MBA-fiasko
 
Op 20 Mei 2004 het die regering skielik die 38 MBA-programme wat in Suid-Afrika aangebied is, aansienlik verminder. Onder die dekmantel van "kwaliteit" het hulle Afrika-standaarde toegepas en internasionale MBA's afgewys omdat dié akademici hulle nie wou laat voorskryf het deur 'n regering van 'n land nie. 'n Gesaghebbende, Prof. Dough Blackmuir (Standard Bank professor in bestuur aan die universiteitskampus van Wes Kaap), spreek hom ten sterkste daarteen uit in 'n artikel "One size can't fit all"(12 Augustus 2004). Dit beklemtoon net weer dat onderwys in Suid-Afrika pandemiese afmetings van chaos bereik het. Die artikel is ingekort om die kern weer te gee en enkele gedagtes word vervolgens aangehaal.
 
[In terme van MBA's] "The world's top-quality MBAs would probably not be accredited by the Council on Higher Education (CHE).... Stanford offers an international MBA. This would not satisfy CHE's requirements that all MBAs be "localised" and all heavily oriented towards local practices.....
 
....the CHE would probably take exception because its evaluators couldn't "count the books in the library"...... There is much loose talk to the effect that the CHE has examined "the quality of MBAs". This is untrue. All it has done is to examine MBA missions, teaching arrangements, and some governance, equity and assessment matters.... The views of graduates, students and employers on the worth of particular MBA degrees are irrelevant. By definition, if they don't conform to the CHE's prescribed mission and delivery regulations, then the degrees can have no value... Outcomes, such as whether the MBAs are of value to graduates and their employers, or whether graduates can manage organisations in an extremely complex environment, are of minor importance in the CHE scheme of things. Effective delivery of the CHE-preferred mission is all that counts.... with the government's emphasis on mission diversity in the transformation of South African higher education....
 
....employers, in particular, have not recognised what is happening and have apparently accepted the proposition that we now know which are the "good" MBAs.... This is surely a smokescreen.... The real agenda is to impose a particular, limited MBA....
 
.... South African Qualifications Authority (Saqa) had not determined the legal definition of a master's degree. There was, and still is, no Saqa standard for a master's degree... Was this a lawful exercise of the CHE's powers?....
 
...South Africa's vice-chancellors have collectively remained publicly silent with regard the CHE's MBA review. Presumably those whose MBAs won first prize will not look a gift horse in the mouth....
 
...A government agency that is deciding matters of institutional mission, curriculum, pedagogy, research method and so on reduces the space available to institutional autonomy and academic freedom...."
 
Dit dui dus daarop dat daar met reg na die MBA-kwessie as die MBA-fiasko verwys kan word. As "equity" so groot rol by die "kwaliteitsberekening" van die MBA-grade gespeel word, kan die afleiding mos gemaak word dat die Stellenbosch-kampus nie meer "kwaliteit" onderrig aanbied nie, want die Kommissie vir Diensbillikheid het onlangs bevind dat dié kampus té wit en té manlik is. Of is die regeringswiskunde van Equity = Kwaliteit nie hier van toepassing nie?
 
2. Verdere voorskrifte aan hoër onderwys
Pandor het in Augustus aangekondig dat sy sterk gaan klem lê op uitvoering van die Nasionale Plan vir Hoër Onderwys (Februarie 2001). Daarvolgens gaan getalle in geesteswetenskappe tot 40%, in Besigheids- en Ekonomiese wetenskappe tot 30% en in Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie tot 'n verdere 30% beperk word.
 
Die universiteitskampusse is ook intussen in kennis gestel dat hulle groei volgende jaar beperk sal word tot tussen 2% en 3% (waarskynlik omdat die FET [Further Education and Training] nou die befondsing nodiger het vir ingryping op dié gebied). Dan word die prentjie duidelik dat daar waarskynlik beweeg word na 'n sentrale toelatingskantoor, waar die regering die student gaan voorskryf Wat hy/sy Waar kan gaan studeer.
 
3. Skoolonderrig
Mens kry onwillekeurig die indruk dat Naledi Pandor, die minister van onderwys, en haar departement nie altyd uit een mond praat nie; soos geblyk het uit hul hantering van die verwarring oor die ouderdom waarom kinders verplig is om skool te gaan. Sy gaan egter verder deur aan te kondig dat dié departement "hoop" om in 2005 die verpligte skoolgelde van "arm skole" af te skaf (http://www.iol.co.za)
 
Op 25 Augustus 2004 spreek sy haar mening oor seunsskole uit, tydens die konferensie van hoofde van staatseunsskole in Rondebosch. Sy beweer dat baie skole uitstekende akademiese programme aanbied, maar nie divers genoeg is nie en sy reken dus dat híérdie skole hul leerlinge vir Europese omstandighede voorberei, eerder as vir omstandighede in Suid-Afrika (http://www.news24.com/News24). (Daar kan dus verwag word dat enkel-geslagskole dus dalk eersdaags ook afgeskaf sal word).
 
4. Verdere verwikkelinge op skoolvlak
  • Onderrig in die kind se huistaal sal vir die eerste 3 skooljare geskied, terwyl hy/sy opgelei word in die gebruik van Engels, sodat dit uiteindelik die enigste voertaal vir onderrig sal wees gedurende die res van sy/haar opleiding;
  • Verminderde algemene subsidie aan skole om vanaf 2005 "arm skole" kwyt te skeld van verpligte skoolgelde;
  • Vermindering in gesubsidiëerde onderwysersposte (met klem op vorige model C-skole en privaatskole);
  • Inklusiewe onderwys en gevolglike inname van leerlinge met spesiale behoeftes in hoofstroomskole;
  • Kritiek teen die kurrikulums van sommige skole met die verwysing dat hulle leerlinge "oplei om te emigreer", omdat hulle byvoorbeeld Europese tale as vakkeuses aanbied, maar nie Afrikatale nie;
  • Aankondigings van Pandor dat daar "maar nog net" 30 000 onopgeleide en gedeeltelik-opgeleide onderwysers is (terwyl universiteitsinnames beperk word); en
  • Voorskrifte aan skole om leerderondersteuningsmateriaal net deur 'n sentrale koördineerder en net by goedgekeurde verskaffers aan te skaf.
 
5. Onderwysersopleiding
Die PA vir CVHO bied vanaf 2005 'n Nagraadse Onderwysers Afrondingskursus aan met die klem op afronding van reeds opgeleide onderwysers wat hulle kennis wil verbreed, onderwysers wat nie formele onderwys-afronding deurloop het nie en onderwysers wat uit die beroep was, nou wil terugkeer en 'n behoefte het om op die hoogte van nuwe ontwikkelings te kom. Ekstra Wiskunde, Wetenskap en Ekonomiese-/Bestuurswetenskap opleiding sal ook gedoen word om onderwysers se vakkennis te verbreed en hul aanwendingsvermoë uit te brei. Verdere besonderhede sal eersdaags beskikbaar wees.
 
6. Akademiese Kalender 2005
Die datums vir die skoolkalender vir volgende jaar is onlangs in die Staatskoerant afgekondig. Skole in die binneland begin volgende jaar op 12 Januarie en sluit op 2 Desember. In die kusprovinsies begin skole op 19 Januarie en sluit ook op 2 Desember.
 
Die skoolkalender vir 2005 in Gauteng, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga en die Vrystaat is:

12 Januarie tot 18 Maart;
4 April tot 24 Junie;
19 Julie tot 22 September;
3 Oktober tot 2 Desember. (Begin 11 Januarie 2006).

Die kalender vir skole in Kwa-Zulu-Natal en die Oos-, Wes- en Noord-Kaap lyk só:

19 Januarie tot 24 Maart;
4 April tot 24 Junie;
18 Julie tot 23 September;
3 Oktober tot 2 Desember. (Begin 18 Januarie 2006).
In die binneland begin onderwysers op 10 Januarie en werk tot 6 Desember.
 
7. E-pos Adreslys
Stuur asseblief hierdie nuusbrief aan soveel moontlik adresse met die versoek om aan ons 'n leë e-pos te stuur na admin@pacvho.org.za met die opskrif "TEKEN IN" indien hulle verdere uitgawes wil ontvang.
Indien u nie hierdie nuusbrief in die toekoms wil ontvang nie, stuur asseblief dan ook 'n leë e-pos na admin@pacvho.org.za met die opskrif "TEKEN UIT"
Ons verwelkom enige kommentaar of voorstelle en bied ook 'n inligtingsdiens oor Onderwys in Suid-Afrika. Doen gerus navraag indien u sekere inligting wil bekom.
Besoek gerus ook ons web-werf by www.pacvho.org.za
 
Groete


Henry du Plessis
Opleidingsbestuurder
September 2004