Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys
Vereniging Ingelyf kragtens Artikel 21 van die Maatskappywet (Registrasienommer 2001/011539/08)


NOAK
Nagraadse
Onderwysers-Afrondingskursus

INHOUD VAN KURSUSSE

          Verpligte vakke:                                                      Skool-keuse vakke (Vakdidaktiek):
          ~ Opvoedkunde I                                                      ~ Afrikaans
          ~ Opvoedkunde II*                                                      ~ Engels
          ~ Opvoedkunde III*                                                      ~ Duits
          ~ Assessering                                                      ~ Biologie
          ~ Onderwysreg                                                      ~ Wiskunde
          ~ Klaskamer-praktyk                                                      ~ Rekenaartik
          ~ Burgerkunde                                                      ~ Burgerkunde
          ~ Inklusiewe Onderwys                                                      ~ Aardrykskunde
          ~ Rekenaargeletterdheid                                                      ~ Rekeningkunde
          ~ Uitkomsgerigte Onderwys                                                      ~ Rekenaarstudie
          ~ Onderrigmedium - Afrikaans                                                      ~ Bedryfsekonomie
          ~ Calvinistiese Wetenskapsleer                                                      ~ Tegniese Tekeninge
                                                      ~ Natuur- en Skeikunde
          Keuse-vakke:
          ~ Vakdidaktiek - Huidige vak
          ~ Vakdidaktiek - Addisioneel
          * Spesialisering in een van:
          ~ Vroeë Kinder-ontwikkeling
          ~ Junior Primêr (Gr.1-3)
          ~ Senior Primêr (Gr.4-6)
          ~ Junior Sekondêr (Gr.7-9)
          ~ Senior Sekondêr (Gr.10-12)

          Ekstra Onderrig in Vakke:

           Die vakdidaktiek van 'n bykomdende vak kan apart deurloop word ten einde die student se vakrigtings te verbreed.

           Een aand per week kan een van die volgende vakke bykomend gevolg word:

          ~ Ekonomie

          ~ Wiskunde

          ~ Natuur-en Skeikunde

          Duur van kursusse:

          1 Jaar voltyds of 2 jaar deeltyds op 'n korrespondensiebasis met verpligte kontaksessies gedurende skoolvakansies.

          Plek van kontaksessies:

          By die PA vir CVHO, Verwoerdburg (ook aanpasbaar, volgens behoefte.)

          Evaluering en sertifikate:

          Kursusgangers word deurlopend geëvalueer deur middel van take en werkstukke wat ingedien word, maar aktiewe

          deelname gedurende die kontaksessies word ook vereis, terwyl finale assesserings dan gedoen word.

          Praktiese assessering word ook in die kursusganger se eie klaskamer gedoen, of alternatiewelik by 'n skool waar hy/sy

          praktiese klaswerk, toesighouding en nasienwerk moet verrig.

          Na afloop van elke module word 'n bewys van bevoegdheid uitgereik, terwyl 'n omvattende sertifikaat aan die einde van

          die studie uitgereik word om te sertifiseer watter kursusse geslaag is. So ver moontlik sal studente ook gehelp word met

          aansoeke vir poste en plasings.

          Teikenmark:

          Persone wat reeds 'n B-graad of diploma deurloop het en

          ~ Tans as onderwyser aangestel is, maar geen formele onderwysopleiding het nie

          ~ Onderwysers-opleiding deurloop het, maar hulle kennis en agtergrond wil verbreed

          ~ Onderwys gegee het, maar 'n paar jaar uit die onderwys was en weer wil toetree tot die beroep

          ~ Graag tot die onderwysberoep wil toetree

  • Die PA vir CVHO is 'n instelling vir hoër onderwys wat wetenskap in al sy geledinge vanuit die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing beoefen.
  • Die PA vir CVHO rig hom daarop om Afrikaners wetenskaplik op te lei.
  • Die PA vir CVHO beywer hom om toepaslike loopbaangerigte kursusse in Afrikaans aan te bied
  • Die PA vir CVHO het 'n besondere karakter en beginsels.
  • Die Instelling is nie geregistreer by die Suid-Afrikaanse owerhede nie.
  • Daar word gestreef na mark- en internasionale erkenning.
  • Die kursusse wat aangebied word, is by uitstek markgerig en word aangebied in samehang met die spesifieke mark waarop dit gerig is




Fakulteit Opvoedkunde en Onderwys - Prospektus 2005